YouVersion Logo
Search Icon

1 Thessalonisense 3

3
Timoteus se besoek
1Daarom, toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons dit goedgedink om alleen in Athene agter te bly, 2en het ons Timoteus gestuur, ons broer en medewerker van God vir die evangelie van •Christus, om julle in julle geloof te versterk en te bemoedig, 3sodat niemand deur hierdie beproewinge ontstel word nie. Julle weet tog self dat ons daartoe bestem is. 4Want ook toe ons by julle was, het ons herhaaldelik vooraf vir julle gesê dat ons verdruk sal word, iets wat, soos julle weet, inderdaad gebeur het. 5Daarom het ek ook, toe ek dit nie langer kon verduur nie, vir Timoteus gestuur om vas te stel hoe dit met julle geloof gaan, en of die verleier julle nie miskien verlei het, en ons moeitevolle arbeid vergeefs was nie.
6Maar vandat Timoteus van julle af by ons aangekom en die goeie nuus van julle geloof en liefde aan ons oorgedra het – dat julle deurentyd goeie herinneringe aan ons het en daarna smag om ons te sien, soos ons vir julle – 7 is ons, wat julle betref, broers, te midde van al ons nood en verdrukking, vertroos deur julle geloof. 8Want nou leef ons, mits julle vas in die Here bly staan. 9Watter dank kan ons immers na behore aan God bring oor julle, vir elke vreugde oor julle wat ons voor ons God het? 10Terselfdertyd smeek ons bedags en snags baie ernstig om julle van aangesig tot aangesig te mag sien, en om te kan voorsien in wat aan geloof by julle ontbreek.
11En mag God ons Vader self, en ons Here Jesus, ons pad na julle rig; 12mag die Here julle liefde vir mekaar en vir almal laat toeneem en oorvloedig maak, soos ons liefde vir julle ook is. 13Mag Hy julle harte versterk, sodat julle met die koms van ons Here Jesus, saam met al sy heiliges, onberispelik in heiligheid voor ons God en Vader kan wees. •Amen.

Currently Selected:

1 Thessalonisense 3: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in