YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 24

24
Indeling van priesters en Leviete
1 Die nageslag van Aäron het hulle eie afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar. 2Nadab en Abihu is voor hulle vader oorlede en het nie seuns gehad nie. Eleasar en Itamar het toe as priesters opgetree. 3Dawid en Sadok, uit die nageslag van Eleasar, en Agimeleg, uit die nageslag van Itamar, het die nageslag van Aäron volgens hulle verantwoordelikhede in groepe ingedeel vir hulle dienswerk. 4Toe dit blyk dat die nageslag van Eleasar, volgens die getal manne, meer was as die nageslag van Itamar, is hulle soos volg ingedeel:
vir die nageslag van Eleasar,
sestien hoofde vir die families,
vir die nageslag van Itamar,
agt hoofde vir die families.
5 Hulle is groep vir groep deur loting ingedeel, want onder die nageslag van Eleasar, sowel as die nageslag van Itamar, was daar persone wat hoë ampte beklee het in die heiligdom en voor God. 6Semaja, seun van Netanel, die sekretaris onder die Leviete, het hulle opgeskryf in die teenwoordigheid van die koning en die •hoë amptenare en van Sadok, die priester, en Agimeleg, seun van Abjatar, asook die familiehoofde van die priesters en die Leviete: een familie deur die lot aangewys vir Eleasar en een aangewys vir Itamar.
7Die eerste lot het op Jojarib geval, die tweede op Jedaja,
8die derde op Garim, die vierde op Seorim,
9die vyfde op Malkija, die sesde op Mijamin,
10die sewende op Hakkos, die agtste op Abia,
11die negende op Jesua, die tiende op Seganja,
12die elfde op Eljasib, die twaalfde op Jakim,
13die dertiende op Guppa, die veertiende op Jesebab,
14die vyftiende op Bilga, die sestiende op Immer,
15die sewentiende op Gesir, die agttiende op Hapisses,
16die negentiende op Petagja, die twintigste op Esegiël,
17die een-en-twintigste op Jagin, die twee-en-twintigste op Gamul,
18die drie-en-twintigste op Delaja, die vier-en-twintigste op Maäsja.
19 Hierdie groep se verantwoordelikheid, in ooreenstemming met hulle dienswerk, was om in die huis van die Here in te gaan volgens die voorskrif aan hulle, by monde van Aäron, hulle voorvader, soos die Here, die God van Israel, hom beveel het.
20 Wat die oorblywende Leviete betref:
Die nageslag van Amram was Subael,
en die nageslag van Subael was Jegdeja.
21Wat Regabja betref, die nageslag van Regabja was Jissija, die hoof.
22Wat die groep van Jishar betref, was dit Selomit, en die nageslag van Selomit was Jagat.
23Die nageslag van Hebron was Jerija, Amarja die tweede, Jagasiël die derde en Jekamam die vierde.
24Die nageslag van Ussiël was Miga, en die nageslag van Miga was Samir;
25Miga se broer was Jissija, en die nageslag van Jissija was Sagaria.
26Die nageslag van Merari was Magli, Musi, en die nageslag van sy seun Jaäsija.
27Die nageslag van Merari deur sy seun Jaäsija was Soham, Sakkur en Ibri.
28Vir Magli was daar Eleasar, maar hy het nie seuns gehad nie; 29ook Kis, en die nageslag van Kis was Jeragmeël.
30 Die nageslag van Musi was Magli, Eder en Jerimot.
Dit was die nageslag van die Leviete volgens hulle families. 31Ook hulle het die lot gewerp, op dieselfde wyse as hulle stamgenote, die nageslag van Aäron, in die teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Agimeleg en die familiehoofde van die priesters en Leviete. Die familie van die familiehoof is op dieselfde wyse behandel as dié van die jongste broer.

Currently Selected:

1 Kronieke 24: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy