YouVersion Logo
Search Icon

Eksodus 38

38
Die brandoffer-altaar
1Besaleël het 'n brandoffer-altaar van doringhout gemaak. Dit was vierkantig, vyf el lank en vyf el breed, en dit was drie el hoog. 2Hy het horings gemaak op die vier hoeke. Die altaar en die horings was vas aan mekaar. Besaleël het die altaar en die horings oorgetrek met brons. 3Hy het alles gemaak wat by die altaar moes wees: die potte, die grawe, die bakke, die vurke en die emmers vir die kole. Hy het dit alles van brons gemaak.
4Rondom die altaar het hy tralies van brons gemaak. Die tralies was so hoog soos die helfte van die altaar. 5Hy het vier ringe gemaak en hy het dit vasgesit aan die vier hoeke van die tralies, 'n ring aan elke hoek. Hy het die dra-pale deur die ringe gesteek. 6Hy het die dra-pale van doringhout gemaak en hy het die dra-pale oorgetrek met brons. 7Hy het die dra-pale deur die ringe aan die kante van die altaar gesteek om die altaar te dra. Hy het die altaar van planke gemaak, dit was soos 'n kas.
Die was-skottel
8Besaleël het 'n was-skottel en 'n voetstuk van brons gemaak. Hy het dit gemaak van brons spieëls. Hy het die spieëls gekry by die vroue wat gewerk het by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
Die oop stuk grond rondom die tempel-tent
9-11Besaleël het gordyne gemaak vir die oop stuk grond rondom die tempel-tent. Hy het gordyne van goeie linne-materiaal gemaak vir die suidekant en die noordekant. Die gordyne van elke kant was 100 el breed. Hy het die gordyne aan elke kant gehang aan 20 pale met 20 brons voetstukke. Hy het hake en silwer ringe gebruik om die gordyne op te hang. 12By die westekant was die gordyne 50 el breed, en daar was tien pale met tien voetstukke. Hy het hake en silwer ringe gebruik om die gordyne op te hang. 13Die voorkant, die oostekant, was 50 el breed. 14Langs die een kant van die ingang was die gordyne 15 el breed, en daar was drie pale met drie voetstukke. 15Langs die ander kant van die ingang was die gordyn ook 15 el breed, en daar was drie pale met drie voetstukke. 16Hy het al die gordyne rondom die oop stuk grond van goeie linne-materiaal gemaak. 17Hy het die voetstukke van die pale van brons gemaak en die hake en ringe van die pale het hy van silwer gemaak. Hy het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer, en daar was silwer ringe aan al die pale rondom die oop stuk grond. 18Hy het vir die gordyn in die ingang blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal gebruik. Die gordyn was 20 el lank en vyf el hoog, soos die gordyne rondom die oop stuk grond. 19Daar was vier pale met vier brons voetstukke en silwer hake. Hy het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer, en ook die ringe. 20Hy het al die penne rondom die tempel-tent en die oop stuk grond van brons gemaak.
'n Lys van alles wat hulle gebruik het
21Hier is 'n lys van alles wat hulle gebruik het om die tempel-tent te maak waarin die tien gebooie was. Moses het gesê Itamar, die seun van die priester Aäron, moet vir die Leviete sê om alles op te skryf wat die ambagsmanne gebruik het. 22Besaleël was die seun van Uri, en Uri was die seun van Gur. Besaleël was van die Juda-stam. Besaleël het alles gemaak wat die Here vir Moses gesê het. 23Saam met hom het Oholiab gewerk. Oholiab was die seun van Agisamak van die Dan-stam. Hy was 'n ambagsman en hy kon planne teken en het blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal geweef.
24Hulle het 29 talente en 730 tempel-sikkels goud gebruik om die tempel te maak. 25Hulle het die silwer gekry toe hulle die Israeliete getel het. Dit was 100 talente en 1 775 tempel-sikkels silwer. 26Elke man wat 20 jaar of ouer as 20 jaar was, moes 'n halwe tempel-sikkel silwer gee. Daar was 603 550 mans. 27Die ambagsmanne het 100 talente silwer gebruik om die tempel-tent se voetstukke en die gordyn se voetstukke te maak. Hulle het 100 voetstukke gemaak. Hulle het een talent silwer vir elke voetstuk gebruik. 28Daar het 1 775 tempel-sikkels silwer oorgebly. Hulle het dit gebruik om die hake vir die pale te maak. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer en hulle het dit aan mekaar vasgemaak. 29Hulle het 70 talente en 2 400 tempel-sikkels brons gekry van die brons wat die mense gebring het. 30Hulle het dit gebruik om die voetstukke te maak vir die pale by die ingang van die tent waar die tien gebooie was, en ook om die brons altaar en die brons tralies te maak wat om die altaar was, en alles wat by die altaar moes wees, 31ook die voetstukke van die pale rondom die oop stuk grond, die voetstukke by die ingang van die oop stuk grond, en al die penne vir die tempel-tent en vir die gordyne rondom die oop stuk grond.

Currently Selected:

Eksodus 38: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy