2 Kronieke 4
4
Salomo laat alles maak wat by die tempel moet wees
1Salomo het 'n altaar van brons laat maak. Die altaar was 20 el lank en 20 el breed en tien el hoog. 2Hy het ook 'n waterbak laat maak. Die waterbak was rond en dit was tien el van die een kant tot by die ander kant. Dit was vyf el hoog en dit was 30 el rondom. 3Onder teen die waterbak was daar beelde van beeste. Daar was tien beeste op elke el. Die beeste was in twee rye, en hulle het dit ook gemaak van brons, soos die waterbak. 4Die waterbak het gestaan op die beelde van twaalf beeste. Drie beeste het noord gekyk, drie beeste het wes gekyk, drie beeste het suid gekyk en drie beeste het oos gekyk. Die beeste was onder die waterbak, en hulle boude was na die binnekant. 5Die waterbak se rand was een sesde el dik, en die rand was soos die rand van 'n beker. Die rand het gelyk soos 'n lelieblom. Die waterbak het 3 000 bat water gehou.
6Salomo het tien was-skottels laat maak. Hy het vyf skottels regs langs die waterbak neergesit, en vyf skottels links. Die priesters moes die gereedskap vir die brand-offer afspoel in die skottels. Die priesters moes hulleself in die waterbak was. 7Salomo het ook die goue lampstaanders laat maak soos die Here gesê het hulle moet wees. Hy het die lampstaanders in die voorste kamer van die tempel gesit, vyf regs en vyf links. 8Hy het tien tafels gemaak en hy het hulle in die voorste kamer gesit, vyf regs en vyf links. Hy het ook 100 goue bakke laat maak. 9Hy het die mure laat bou rondom die oop stuk grond waar die priesters kon kom, en rondom die groot oop stuk grond waar ander Israeliete ook kon kom. Daar was deure in die mure, en hy het die deure met brons-plate laat toemaak. 10Hy het die waterbak laat neersit by die regter-kant, suid-oos van die tempel. 11Hiram het potte en grawe en bakke gemaak. Hy het die werk klaargemaak wat hy vir koning Salomo by die tempel moes doen. 12Hy het die twee pilare gemaak, die bakke en die kapitele bo-op die pilare, die nette wat die bakke bo-op die twee kapitele toemaak, 13die 400 granate vir die nette, twee rye granate op elke net wat die bakke bo-op die kapitele toemaak, 14die staanders en die was-skottels op die staanders, 15die waterbak, die twaalf beeste onder die waterbak, 16die potte, die grawe en die vurke en al die ander gereedskap. Die meester-ambagsman Hiram het dit vir koning Salomo gemaak om in die tempel te gebruik. Hy het dit gemaak van brons wat hy blink gevryf het. 17Die koning het al die goed laat smelt in die kleigrond tussen die stad Sukkot en die stad Saretan. 18Salomo het al hierdie goed laat maak. Dit was baie, ja, die brons was te veel, hulle kon dit nie alles weeg nie. 19Salomo het ook al die goed laat maak wat in die tempel moes kom: Dit was die goue altaar, die tafels vir die offer-brood, 20die lampstaanders en hulle lampe wat moes brand voor die binnekamer. Salomo het alles van skoon goud gemaak, 21dit was die blomme en die lampe en hulle goue tangetjies, alles was heeltemal van goud. 22Die skêre, die bakke, die panne en die vuurbakke was ook alles van skoon goud. Die ingang van die voorste kamer, die binnedeure na die hoog-gewyde kamer en die deure van die voorste kamer was alles van goud.
Currently Selected:
2 Kronieke 4: ABA
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.