YouVersion Logo
Search Icon

2 Kronieke 11

11
Rehabeam wil oorlog maak teen Jerobeam
(Kyk ook 1 Kon 12:21-24)
1Rehabeam het na Jerusalem gekom en hy het al die manne van die Juda-stam en die Benjamin-stam bymekaargeroep. Hulle was 180 000 soldate wat hy spesiaal gekies het. Rehabeam wou oorlog maak teen die mense van Israel, hy wou probeer om die land vir homself terug te kry. 2Maar die Here het vir Semaja, 'n man van God, gesê: 3“Jy moet praat met Rehabeam seun van Salomo, koning van Juda, en met al die Israeliete in die land Juda en die land Benjamin. Jy moet vir hulle sê: 4Die Here sê: Julle moenie oorlog gaan maak teen julle broers nie. Julle moet teruggaan, elkeen na sy huis, want dit is Ek wat alles laat gebeur het.”
Hulle het geluister na die boodskap van die Here en hulle het teruggegaan, hulle het nie vir Jerobeam gaan aanval nie.
Rehabeam maak stede sterk
5Rehabeam het in Jerusalem gewoon, en hy het stede in Juda sterk gemaak. 6Hy het die mure sterker gemaak van die stede Betlehem, Etam, Tekoa, 7Bet-Sur, Soko, Adullam, 8Gat, Maresa, Sif, 9Adorajim, Lakis, Aseka, 10Sora, Ajalon en Hebron. Dit was stede in die land Juda en Benjamin wat sterk mure moes hê. 11Rehabeam het die mure sterker gemaak en hy het mense gekies en aangestel om in die stede te regeer. Daar was ook stoorkamers met kos, olyf-olie en wyn. 12Daar was ook skilde en spiese. Rehabeam het die stede baie sterk gemaak. Die land Juda en Benjamin het aan hom behoort.
Die priesters en Leviete kom woon in Juda
13Die priesters en Leviete wat oral tussen die mense van Israel gewoon het, het uit al hulle woonplekke na Rehabeam toe gekom. 14Die Leviete het hulle weivelde en hulle grond gelos en hulle het na Juda en Jerusalem gekom, want Jerobeam en sy seuns het gesê hulle mag nie meer priesters van die Here wees nie. 15Jerobeam het sy eie priesters gekies en aangestel vir die offer-plekke en die veldgode en die kalfbeelde wat hy gemaak het. 16Mense uit al die stamme van Israel het saam met die priesters en Leviete na Jerusalem gekom. Hulle het self besluit dat hulle die Here wil dien, en hulle het gekom om te offer vir die Here, die God van hulle voorvaders. 17Hulle het die land Juda sterk laat word en hulle het drie jaar lank vir Rehabeam seun van Salomo gehelp, want hulle het drie jaar lank gelewe soos Dawid en Salomo.
Rehabeam se vroue en kinders
18Rehabeam het getrou met Magalat. Haar ouers was Jerimot seun van Dawid en Abihajil dogter van Eliab seun van Isai. 19Rehabeam en Magalat het die seuns Jeüs, Semarja en Saham gehad. 20Hy het ook getrou met Maäka dogter van Absalom, en hulle het die seuns Abia, Attai, Sisa en Selomit gehad. 21Rehabeam was meer lief vir Maäka dogter van Absalom as vir sy ander vroue en byvroue. Hy was getroud met 18 vroue en 60 byvroue, en hy was die pa van 28 seuns en 60 dogters. 22Rehabeam het vir Abia seun van Maäka gekies en aangestel om die belangrikste prins te wees en hy het vir Abia die hoof van sy broers gemaak sodat Abia koning kan word. 23Rehabeam was slim, hy het party van sy seuns oral in die stede van Juda laat woon, in die stede wat sterk mure gehad het. Hy het vir hulle meer as genoeg kos gegee en hy het vir hulle baie vroue gekry.

Currently Selected:

2 Kronieke 11: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy