YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 12

12
Die manne wat na Dawid toe gekom het
1Hier is die name van die manne wat na Dawid toe gekom het in Siklag. Dawid moes toe nog vlug vir Saul seun van Kis. Die manne was by die spesiale manne wat vir Dawid gehelp het wanneer hy oorlog gemaak het. 2Elke man het 'n pyl en boog gehad en elkeen kon met die regter-hand of met die linker-hand met 'n slingervel gooi en met 'n pyl en boog skiet. Hulle was soos Saul van die Benjamin-stam. 3Die leier was Agiëser. Joas seun van Semaä van die stad Gibea het ook na Dawid toe gekom, ook Jesiël en Pelet seuns van Asmawet, en ook Beraka en Jehu van die stad Anatot. 4Jismaja van die stad Gibeon was een van 30 spesiale manne en hy was hulle leier. Jeremia, Joganan en Josabad van die stad Gedera was ook daar, 5en ook Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja, Sefatja van die stad Garif, 6Elkana, Jissija, Asarel, Joëser, Jasobam van die stad Korag, 7en Joëla en Sebadja seuns van Jerogam van die stad Gedor.
8Van die Gad-stam het daar ook manne na Dawid toe gekom. Dawid was toe in 'n veilige plek in die berge. Dit was spesiale manne wat goed oorlog kon maak, en elkeen het 'n groot skild en 'n spies gehad. Hulle was so kwaai soos leeus en so vinnig soos ribbokke in die berge. 9Hulle was elf manne. Eser was die leier en Obadja was die onderleier. Die ander manne was Eliab, 10Mismanna, Jeremia, 11Attai, Eliël, 12Joganan, Elsabad, 13Jeremia en Makbannai. 14Dit was die mense van die Gad-stam. Hulle was offisiere. Die kleinste van hierdie manne kon 100 manne oorwin, en die grootste man kon 1 000 manne oorwin. 15Dit is húlle wat deur die Jordaan-rivier gekom het in die eerste maand, toe die water van die rivier oor die walle gestroom het. Die water het al die mense in die valleie laat vlug, die mense wat langs die twee kante van die rivier gewoon het.
16Mense van die Benjamin-stam en die Juda-stam het gekom na die veilige plek in die berge waar Dawid weggekruip het. 17Dawid het uitgegaan na hulle toe en hy het vir hulle gesê: “As julle na my toe gekom het om my te help en as julle vrede wil hê, dan sal ek saam met julle veg. Maar as julle gekom het om te kyk waar ek is om dit vir my vyande te vertel, dan bid ek dat die God van my voorvaders dit sal sien en dat Hy julle sal straf, want ek het niks verkeerd gedoen nie.”
18Amasai was die leier van die 30 manne. Die Gees van die Here het in Amasai gekom en hy het gesê:
“Dawid, ons wil by jou wees,
seun van Isai, ons wil saam
met jou gaan!
Ons bid dat dit goed sal gaan
met jou, baie goed,
ons bid dat dit goed sal gaan
met elkeen wat vir jou help,
want dit is jou God
wat vir jou help.”
Dawid het toe gesê hulle kan by hom bly, en hy het hulle die leiers gemaak van sy manne.
19Manne van die Manasse-stam het na Dawid toe gekom toe hy saam met die Filistyne oorlog gaan maak het teen Saul. Maar Dawid het toe nie die Filistyne gehelp nie, want die leiers van die Filistyne het daaroor gepraat en hulle het gesê: “Sy koning sal weer baie van hom hou as hy die koppe van ons manne vir die koning bring.”
20Die manne van die Manasse-stam wat na Dawid toe gekom het toe hy na Siklag gegaan het, was Adnag, Josabad, Jediael, Mikael, Josabad, Elihu en Silletai. Elkeen van hulle was 'n leier van 1 000 manne in die Manasse-stam. 21Hulle het vir Dawid gehelp en hulle het leiers van sy manne geword, want hulle was almal belangrike manne en offisiere.
Die leër van Dawid in Hebron
22Daar het elke dag manne na Dawid toe gekom om hom te help. Hy het later 'n groot leër gehad, 'n baie groot leër. 23Die manne wat in Hebron na Dawid toe gekom het om hom te help om koning te word in Saul se plek, het dit gedoen omdat die Here dit wou hê. Hulle was gereed om oorlog te maak. Hier is die getalle van die manne: 24Van die Juda-stam was daar 6 800 manne. Hulle het skilde en spiese gehad en hulle was gereed om oorlog te maak. 25Van die Simeon-stam was daar 7 100 manne wat goed oorlog kon maak. 26Van die Levi-stam was daar 4 600 manne. 27Jojada, die hoof van die nageslag van Aäron, het ook gekom. Saam met hom was daar 3 700 manne. 28Sadok was toe nog jonk, maar hy was 'n belangrike man. Daar was 22 leiers van sy familie. 29Die Benjamin-stam was familie van Saul en die meeste van hulle het aangehou om die koningshuis van Saul te help. Daar het 3 000 van hulle manne na Dawid toe gekom. 30Van die Efraim-stam het 20 800 manne gekom. Hulle was belangrike manne in hulle families en hulle kon goed oorlog maak. 31Van die een halwe Manasse-stam het 18 000 manne gekom. Hulle stam het hierdie manne gestuur om na Dawid toe te kom en hom koning te maak. 32Van die Issaskar-stam het 200 leiers gekom. Hulle het geweet wanneer dit die regte tyd is om iets te doen, hulle het geweet wat die Israeliete moet doen. Hulle was die leiers van die manne van hulle stam. 33Van die Sebulon-stam het 50 000 manne gekom. Hulle was gereed om oorlog te maak, hulle het al die wapens gehad wat hulle moes hê om oorlog te maak, en hulle almal wou graag vir Dawid help. 34Van die Naftali-stam het 1 000 offisiere gekom en saam met hulle het 37 000 manne gekom wat skilde en spiese gehad het. 35Van die Dan-stam het 28 600 manne gekom, hulle almal was gereed om oorlog te maak. 36Van die Aser-stam het 40 000 manne gekom. Hulle was gereed om oorlog te maak en hulle het wapens gehad. 37Van die oostekant van die Jordaan-rivier het 120 000 manne van die Ruben-stam, die Gad-stam en die ander helfte van die Manasse-stam gekom. Hulle het al die wapens gehad wat hulle moes hê om oorlog te maak.
38Al hierdie manne het na die stad Hebron gekom. Hulle was gereed om oorlog te maak en hulle almal wou graag help om vir Dawid koning te maak oor al die Israeliete. Al die Israeliete wat nie gekom het nie, wou ook graag vir Dawid koning maak. 39Die manne wat gekom het, was drie dae lank daar by Dawid. Die mense van Hebron het vir hulle kos gegee. 40Ander mense van die stamme Issaskar, Sebulon en Naftali was naby en hulle het ook kos gebring. Hulle het meel, vyekoeke, druiwe, wyn en olyf-olie gebring op donkies, kamele, muile en beeste. Hulle het ook baie beeste en skape en bokke gebring, want al die Israeliete was baie bly.

Currently Selected:

1 Kronieke 12: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in