YouVersion Logo
Search Icon

FILIPPENSE 4

4
1My broers en susters#4:1 Grondteks broers., ek het julle lief en verlang baie na julle. Júlle maak my bly, ja, op júlle is ek baie trots. Geliefdes, bly dan nou regtig getrou aan die Here.
Laaste opdragte aan die gemeente
2Ek moedig sowel Euodia as Sintige aan om hulle meningsverskille op te los omdat hulle aan die Here verbonde is#4:2 Of albei aan die Here behoort.. 3En ek vra ook dat jy, getroue kollega#4:3a Of medewerker., hulle sal help. Hulle het hard gewerk saam met my en ook saam met Klemens en die ander medewerkers om die Goeie Nuus#4:3b Of evangelie. uit te dra. Hulle almal se name staan opgeskryf in die Boek van die Lewe.
4Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort.#4:4 Of Wees altyd bly in die Here. Ek sê dit weer: “Wees bly!” 5Laat almal sien hoe bedagsaam julle lewe. Onthou: Die Here kom binnekort!#4:5 Of Die Here is naby.
6Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. 7En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.
8Ten slotte, broers en susters#4:8a Grondteks broers., vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon#4:8b Of rein., suiwer, lieflik en lofwaardig is. 9En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.
Paulus sê dankie vir die Filippense se ondersteuning
10Ek prys die Here met groot blydskap omdat julle weer ’n slag aan my kon dink. Ek weet julle het eintlik heeltyd aan my gedink, maar het net nie die geleentheid gehad om iets te doen nie.
11Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom#4:11 Of tevrede te wees.. 12Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. 13Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. 14Nietemin, julle het goedgedoen deur my in my swaarkry by te staan.
15Julle, Filippense, weet wat in die beginjare met die uitdra van die Goeie Nuus#4:15a Of die evangelie. gebeur het. Toe ek van Masedonië af vertrek het, het geen gemeente behalwe julle my finansieel ondersteun#4:15b Of ’n bydrae gemaak tot my staat van inkomste en uitgawes. nie. 16Selfs toe ek in Tessalonika was, het julle meer as een keer iets gestuur om my te help. 17Nie dat ek ’n skenking soek nie; ek soek die resultaat daarvan: groter krediet op julle rekening!
18Op hierdie stadium het ek alles ontvang – en meer as genoeg! Met dit wat julle saam met Epafroditus gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Wat julle gestuur het, is ’n lieflike reukoffer waarvan God hou. 19Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het.
20Aan dié God, wat ook ons Vader is, behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.
Groeteboodskappe
21Dra my groete oor aan Christene#4:21 Of heiliges in Christus Jesus. daar. Al die broers en susters hier by my stuur groete. 22Al die ander Christene stuur ook groete, in besonder dié wat in die keiser se paleis werk.
23Mag ons Here Jesus Christus se genade#4:23 Of onverdiende goedheid. julle geestelik versterk.

Currently Selected:

FILIPPENSE 4: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy