YouVersion Logo
Search Icon

JOSUA 20

20
Asielstede
1Die Here sê toe vir Josua: 2“Sê vir die Israeliete hulle moet besluit oor die asielstede waaroor Ek met Moses gepraat het. 3Iemand wat per ongeluk en sonder dat hy dit beplan het, iemand anders doodgemaak het, kan daarnatoe vlug. Dit sal vir hulle beskerming gee teen die wraak van ’n bloedverwant van die persoon wat dood is.
4“Iemand wat na een van hierdie stede toe vlug, moet by die stadspoort aanmeld om sy saak aan die leiers van die stad te stel. Hulle moet hom in die stad toelaat en hom by hulle laat bly. 5As die familielid van die een wat doodgemaak is, hom agtervolg, mag die leiers hom nie aan daardie persoon uitlewer nie. Hy het die persoon onopsetlik doodgemaak en nie uit kwaadwilligheid nie. 6Hy moet in daardie stad bly totdat sy saak verhoor is en hy onskuldig bevind is. Daarna moet hy in die stad aanbly tot die huidige hoëpriester dood is. Die persoon mag dan teruggaan na die stad en sy huis van waar af hy gevlug het.”
7Die volgende plekke is as toevlugstede aangewys: Kedes in Galilea tussen die heuwels van Naftali, Sigem in die heuwels van Efraim, en Kirjat-Arba (dit is Hebron) tussen die heuwels van Juda. 8Aan die oorkant van die Jordaan, oos van Jerigo, is Beser in die woestyn op die plato van die stamgebied van Ruben, Ramot in Gilead in die stamgebied van Gad, en Golan in Basan in die stamgebied van Manasse aangewys. 9Hierdie was die stede waarheen die Israeliete en die vreemdelinge tussen hulle kon vlug.
Enigeen wat ’n ander onopsetlik doodgemaak het, kon na een van hierdie stede vlug vir beskerming teen die wraak van ’n familielid. Daar kon hy verhoor word.

Currently Selected:

JOSUA 20: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy