YouVersion Logo
Search Icon

JOSUA 15

15
Juda se grond
1Die lot het vir die stam van Juda op ’n gebied geval wat suidwaarts gestrek het tot aan die verre suidekant van die Sinwoestyn teen die grens van Edom.
2Juda se suidelike grens het dus by die suidelike punt van die Dooie See begin. 3Van daar loop dit suid by Skerpioenhoogte verby na die woestyn van Sin toe, dan suid van Kades-Barnea verby, oor na Gesron toe, dan loop dit op na Addar en swaai daarna weg na Karka toe. 4Daarvandaan loop dit oor na Asmon toe en met die Egiptespruit langs totdat dit in die Middellandse See doodloop. Dit is Juda se suidelike grens.
5Die oostelike grens loop langs die oewer van die Dooie See tot waar die Jordaan uitmond in die see.
Die noordelike grens begin waar die Jordaan in die see inloop, 6loop dan op na die gebied van Bet-Gogla, gaan noord van Bet-Araba verby tot by die Klip van Bohan, wat na die seun van Ruben vernoem is. 7Van daar gaan dit deur die Akorlaagte na Debir, dan swaai dit noord na Gilgal, regoor Adummimshoogte suid van die spruit. Dan loop die grens verder tot by Semesfontein en Rogelfontein. 8Dit gaan dan verder met die Ben-Hinnomsdal op teen die suidelike hang van Jebusieteberg, waar Jerusalem vandag is. Dit gaan dan na die kruin van die berg bo die Hinnomsdal en dan na die noordelike punt van Spooklaagte. 9Van bo van die berg af draai die grens na die Neftoagsfontein toe, en loop dan aan na die dorpe teen Efronberg en draai daarna na Baäla toe, dit is Kirjat-Jearim. 10Dit loop om Baäla en swaai dan wes na Seïrberg toe, verby die noordelike hang van Jearimsberg, dit is Kesalon, loop dan af na Bet-Semes en na Timna toe. 11Dit gaan dan met die noordelike skuinste van Ekron langs en draai na Sikaron toe oor die Baälaberg verby Jabne, tot waar dit in die Middellandse See doodloop.
12Die westelike grens is die kuslyn van die Middellandse See. Dit is die grense rondom die gebied van die nasate van Juda.
Kaleb se grond
13Soos die Here Josua beveel het, het hy aan Kaleb, die seun van Jefunne, ’n eie gebied toegeken tussen die mense van Juda. Hy het Kirjat-Arba, dit is Hebron, gekry, wat na een van die voorouers van die Enakiete vernoem is. 14Kaleb het die drie Enakietgroepe van Sesai, Agiman en Talmai uit Hebron verdryf, almal nasate van Enak.
15Van daar af het Kaleb die inwoners van Debir gaan aanval. Debir se naam was voorheen Kirjat-Sefer. 16Kaleb het gesê: “Ek gee my dogter Aksa as vrou vir die man wat Kirjat-Sefer aanval en verslaan.”
17Otniël, die seun van Kaleb se broer Kenas, het die stad ingeneem. Kaleb het sy dogter Aksa aan hom as vrou gegee.
18Sy het Otniël aangepor om by haar pa grond te gaan vra. Toe sy van haar donkie afklim, het Kaleb vir haar gevra: “Wat is dit?”
19Sy het geantwoord: “Seën my tog. U het vir my grond in die droë Negevwoestyn gegee. Gee asseblief vir my ook ’n plek met water.”
Hy het toe vir haar plekke met fonteine in sowel die hoërliggende as die laer dele gegee.
Juda se stede
20Die dorpe wat die families van die stam Juda gekry het, was: 21Die dorpe teen die grens van Edom, heel suid, was Kabseël, Eder, Jagur, 22Kina, Dimona, Adada, 23Kedes, Gasor, Jitnan, 24Sif, Telem, Bealot, 25Gasor-Gadatta, Kerijot-Gesron (dit is Gasor), 26Amam, Sema, Molada, 27Gasar-Gadda, Gesmon, Bet-Pelet, 28Gasar-Sual, Berseba, Bisjoteja, 29Baäla, Ije-Abarim, Esem, 30Eltolad, Kesil, Gorma, 31Siklag, Madmanna, Sansanna, 32Lebaot, Silgim, Ajin en Rimmon. Dit was in totaal 29 stede met die dorpies rondom hulle.
33Op die kusvlakte het hulle gekry: Estaol, Sora, Asna, 34Sanoag, En-Gannim, Tappuag, Enajim, 35Jarmut, Adullam, Soko, Aseka, 36Saärajim, Aditajim, Gedera en Gederotajim. Dit was veertien stede met hulle omringende dorpies.
37Daarby ingesluit was ook Senan, Gadasa, Migdol-Gad, 38Dilan, Mispe, Jokteël, 39Lakis, Boskat, Eglon, 40Kabbon, Lagmas, Kitlis, 41Gederot, Bet-Dagon, Naäma en Makkeda. Dit was sestien stede met hulle dorpies rondom.
42Libna, Eter, Asan, 43Jiftag, Asna, Nesib, 44Keïla, Aksib en Maresa was ook deel daarvan: nege stede met dorpies.
45Ook nog deel van Juda se gebied was Ekron met sy dorpe en dorpies, 46al die dorpe in die omgewing van Asdod wes van Ekron met hulle dorpies, 47Asdod met sy dorpe en klein dorpies, en Gasa met sy dorpe en klein dorpies tot by die Egiptespruit al langs die kus van die Middellandse See.
48Juda het in die heuwelgebied ontvang: Samir, Jattir, Soko, 49Danna, Kirjat-Sanna, dit is Debir, 50Anab, Estemoa, Anim, 51Gosen, Golon, Gilo. Dit was elf dorpe met hulle dorpies rondom.
52Daarby ingesluit was Arab, Duma, Esan, 53Janum, Bet-Tappuag, Afeka, 54Gumta, Kirjat-Arba (dit is Hebron) en Sior. Dit is nege dorpe met hulle dorpies.
55Dan was daar ook nog Maon, Karmel, Sif, Jutta, 56Jisreël, Jokdeam, Sanoag, 57Kajin, Giba en Timna. Dit was tien dorpe met hulle dorpies rondom.
58Verder was daar Galgul, Bet-Sur, Gedor, 59Maärat, Bet-Anot en Eltekon. Dit was ses dorpe met omringende dorpies.
60Kirjat-Baäl (dit is Kirjat-Jearim) en Rabba was twee verdere dorpe met hulle dorpies.
61In die woestyn het hulle gekry Bet-Araba, Middin, Sekaka, 62Nibsan, Ir-Melag en En-Gedi. Dit is ses dorpe met hulle dorpies.
63Die mense van Juda het nie daarin geslaag om die Jebusiete wat in Jerusalem gebly het daar uit te verdryf nie. Die Jebusiete woon vandag nog daar saam met die mense van Juda.

Currently Selected:

JOSUA 15: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in