JOB 39
39
1“Kan jy vir die leeuwyfie
prooi vang
wat genoeg sal wees
vir haar kleintjies
2waar hulle lĂŞ en wag
in hulle wegkruipplek,
waar hulle skuil in die bosse?
3Wie gee kos vir kraaie
as hulle kleintjies
na God roep
en ronddwaal
omdat hulle honger is?”
Die uitdaging van die Here gaan voort
4“Ken jy die tyd
wanneer die bergbokke lam?
Het jy gesien wanneer
die wildsbokke
kleintjies kry?
5Weet jy hoeveel maande
hulle draagtyd is?
Weet jy wanneer hulle
moet lam?
6Hulle krimp inmekaar
om geboorte te gee.
Hulle geboortepyne
is vinnig verby.
7Die klein bokkies word groot
in die oop veld.
Hulle verlaat die ouers
en kom nie weer terug nie.
8“Wie laat die wildedonkie
vry rondloop?
Wie maak sy harnas los?
9Ek het hom laat leef in die wildernis.
Die soutvlaktes
is sy blyplek.
10Hy lag vir die gewoel
in die stad.
Hy steur hom nie aan die geroep
van ’n drywer nie.
11Hy wei in die berge
op soek na groen gras.
12“Sal die buffel bereid wees
om in jou diens te staan?
Sal hy in die nag
op stal bly staan?
13Kan jy hom inspan
en ’n harnas aansit?
Sal hy bereid wees
om vir jou ’n veld te ploeg?
14Hy is baie sterk,
maar kan jy op hom vertrou
om jou werk vir jou te doen
as jy weggaan?
15Kan jy op hom vertrou
om jou graan
huis toe te bring?
Sal hy dit op jou dorsvloer
neersit?
16“Die volstruis klap haar vlerke
met trots.
Maar haar vere kan nie vergelyk
word
met dié van ’n ooievaar nie.
17Sy lĂŞ haar eiers op die grond.
Hulle broei warm
in die grond.
18Sy is nie bekommerd
dat iemand daarop kan trap
of dat wilde diere
dit kan vernietig nie.
19Sy tree hardvogtig op
teenoor haar kuikens
asof hulle nie haar eie is nie.
Dit maak nie vir haar saak
of hulle sterf nie.
20God het haar nie wysheid
of gesonde verstand
gegee nie.
21Maar as sy haar vlerke optel
om te hardloop,
hardloop sy weg
vir die vinnigste perd
met sy ruiter.
22“Het jy die perd
sy krag gegee,
of sy nek bedek
met maanhare?
23Gee jy hom die vermoë
om te spring
soos ’n sprinkaan?
Hy maak almal bang
met sy trotse gesnork.
24Hy kap die grond
met sy pote.
Hy is bly oor sy krag.
As hy in die geveg storm,
25is hy vir niks bang nie.
Hy hardloop nie weg
van wapens nie.
26Die pyle raas
rondom hom.
Spiese en swaarde
flits in die son.
27Opgewonde kap sy pote
die grond.
Hy storm vorentoe
in die geveg
wanneer die trompet blaas.
28Hy snork
as die trompet blaas,
van ver af
ruik hy die geveg.
Hy hoor hoe die offisiere
en soldate roep.
29“Is dit op jou bevel
dat die valk hoog vlieg
en sy vlerke sprei
na die suide?
30Gee jy bevel dat die arend
hoog moet vlieg
om sy nes te gaan bou?
31Hy woon op ’n rotslys
en maak sy blyplek
op ’n hoë krans.
32Van daar af soek hy sy kos.
Sy oë sien dit van ver af.
33Sy kuikens
vreet bloederige vleis
van enige karkas.”
34Die Here het vir Job gesĂŞ:
35“Wil jy steeds redeneer
met die Almagtige?
Laat die een wat God aankla,
nou praat!”
Job reageer op die Here se woorde
36Job het toe die Here
geantwoord:
37“Ek het dwase dinge gesê.
Hoe kan ek U antwoord?
Ek sit my hand op my mond.
38Ek het een keer gepraat
en te veel gesĂŞ.
Ek het niks meer
om te sê nie.”
Currently Selected:
JOB 39: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011