YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 30

30
’n Hartseer dag vir Egipte
1Die Here het vir my gesê: 2“Mensekind, profeteer, gaan vertel dat die oppermagtige Here sê:
“Huil, 3want die verskriklike dag
is op hande,
die Dag van die Here.
Dit is ’n dag van donkerte,
wanneer nasies
geoordeel word!
4’n Swaard kom teen Egipte
en angs oor Kus.
Wanneer mense in Egipte
sneuwel,
sal haar rykdomme weggevoer,
haar fondasies blootgelê word.
5“Kus, Put, Lud, die hele Arabië
en Kub,
en al hulle bondgenote
sal in die oorlog omkom.
6“Want so sê die Here:
Al Egipte se bondgenote sal val,
en die mag
waarop hy so trots was,
sal vernietig word.
Van Migdol tot by Sewene
sal hulle deur die swaard
doodgemaak word,
sê die oppermagtige Here.
7Egipte sal verlate wees,
omring deur verlate volke.
Sy stede sal puinhope wees,
omring deur stede
wat puinhope is.
8Wanneer Ek Egipte
aan die brand steek
en al sy bondgenote
vernietig word,
sal hulle besef Ek is die Here.
9“Daardie dag stuur Ek boodskappers met skepe om die rustige mense van Etiopië#30:9 Grondteks Kus. bang te maak. Hulle sal paniekbevange wees die dag as Egipte verwoes word, wat verseker gaan gebeur.
10“Die oppermagtige Here sê:
Ek vernietig die hordes
van Egipte
deur koning Nebukadnesar#30:10 Grondteks Nebukadresar, ’n variasie vir Nebukadnesar.
van Babilon.
11Hy en sy wrede soldate
is gestuur
om die land te vernietig.
Hulle maak oorlog teen Egipte
tot die land vol dooies lê.
12Ek lê die Nyl droog
en gee die land oor
aan slegte mense.
Ek verwoes die land
en alles daarin,
deur die optrede
van vreemdelinge.
Ek is die Here, Ek het so gesê!
13“Die oppermagtige Here sê:
Ek slaan die afgode stukkend,
ook die beelde in Memfis#30:13, 16c Grondteks Nof..
In Egipte
sal geen koning oorbly nie.
Angs sal hulle oorval.
14Ek vernietig Patros,
steek Soan aan die brand
en straf Tebes#30:14, 15b, 16b Grondteks No..
15Ek stort my wraak uit
oor Pelusium#30:15a, 16a Grondteks Hebreeuse naam Sin, wat verwys na ’n vestingstad op die noordoostelike grens van Egipte.,
die vestingstad van Egipte.
Ek vernietig die menigtes
van Tebes#30:14, 15b, 16b Grondteks No..
16Ja, Ek brand Egipte af.
Pelusium#30:15a, 16a Grondteks Hebreeuse naam Sin, wat verwys na ’n vestingstad op die noordoostelike grens van Egipte. sal in pyn wees.
Tebes#30:14, 15b, 16b Grondteks No. sal oopgebreek word,
en Memfis#30:13, 16c Grondteks Nof. daagliks
bedreig word.
17Heliopolis#30:17a Grondteks Awen. en Bubastis#30:17b Grondteks Pi-Beset.
se jong manne
sal omkom in die oorlog
en die vroue#30:17c Grondteks kan ook lees haar stede.
sal as gevangenes
weggevoer word.
18Wanneer Ek kom
om Egipte se mag te breek,
sal dit ook vir Tagpanges
’n donker dag wees.
’n Donker wolk
sal daaroor hang
en sy dogters
sal weggelei word
as gevangenes.
19So straf Ek Egipte.
Hulle sal weet
dat Ek die Here is.”
Die gebreekte arms van die farao
20Op 29 April, in die elfde jaar van koning Jojagin se ballingskap#30:20 Grondteks Op die sewende dag van die eerste maand van die elfde jaar, van die Hebreeuse kalender. Dit gebeur op 29 April 587 vC., het die Here vir my gesê: 21“Mensekind, Ek het die arm van die farao, die koning van Egipte, gebreek. En sy arm is nie verbind om aan te groei nie; dit is nie gespalk om sterk te word ten einde weer ’n swaard vas te hou nie. 22Daarom, so sê die oppermagtige Here: Ek is die vyand van die farao, die koning van Egipte! Ek breek albei sy arms, die goeie een en die een wat gebreek was. Die swaard sal uit sy hand val. 23Ek verstrooi die mense van Egipte onder al die nasies van die wêreld. 24Ek maak die arm van die koning van Babel sterk en Ek sit my swaard in sy hand, maar Ek breek die arms van die farao, Egipte se koning. Hy sal dodelik gewond wees en voor die koning van Babel krul van pyn. 25Ek maak die arms van die koning van Babilon sterk, maar die arms van die farao sal hulpeloos langs sy sye hang. Wanneer Ek my swaard in die hand van die koning van Babilon sit en hy Egipte binneval, sal Egipte besef dat Ek die Here is. 26Ek verstrooi die mense van Egipte onder die nasies. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”

Currently Selected:

ESEGIËL 30: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in