1
Spreuke 11:25
Die Boodskap
Wie ander help om beter te lewe is self voorspoedig. Wie ander se nood raaksien, is ’n gelukkige mens. As jy ander help, sal jy gehelp word as jy dit nodig het.
Compare
Explore Spreuke 11:25
2
Spreuke 11:24
Wie baie vir ander gee, word al hoe ryker. Wie suinig is, word al hoe armer.
Explore Spreuke 11:24
3
Spreuke 11:2
Mense wat dink hulle is beter as ander, word uiteindelik verneder. Mense wat nie so baie van hulleself dink nie, verstaan die kuns van die lewe.
Explore Spreuke 11:2
4
Spreuke 11:14
Waar kennis van die lewe ontbreek, gaan ’n volk onder. ’n Goeie regering se krag lê in sy kundige leiers.
Explore Spreuke 11:14
5
Spreuke 11:30
Die vrug van die geloof is die lewe in al sy volheid. ’n Wyse verstaan die honger en die nood van ander.
Explore Spreuke 11:30
6
Spreuke 11:13
Iemand wat skinderstories loop en versprei, lap ander se geheime uit. ’n Man met integriteit hou ’n geheim vir homself.
Explore Spreuke 11:13
7
Spreuke 11:17
Iemand wat vir ander mense goed is, sal self die vrugte daarvan pluk. Iemand wat niks vir ander omgee nie, vernietig homself.
Explore Spreuke 11:17
8
Spreuke 11:28
Wie dink hy kan op sy geld vertrou, sal wreed ontnugter word. Wie in die Here glo, gaan van krag tot krag.
Explore Spreuke 11:28
9
Spreuke 11:4
Baie geld help maar min wanneer probleme jou oorval. Wie die Here ken, word van die dood gered.
Explore Spreuke 11:4
10
Spreuke 11:3
Vir mense wat die Here baie liefhet, is die lewe makliker. Hulle wat Hom nie ken nie, word deur valshede verwoes.
Explore Spreuke 11:3
11
Spreuke 11:22
Iemand sonder insig en die regte lewenstyl is soos ’n vark met ’n goue ring.
Explore Spreuke 11:22
12
Spreuke 11:1
Dit walg die Here wanneer besigheidsmense oneerlik is, wanneer produkte swak en pryse buitensporig is. Eerlike transaksies maak Hom gelukkig.
Explore Spreuke 11:1
Home
Bible
Plans
Videos