1
Numeri 13:30
Die Bybel 2020-vertaling
Maar Kaleb het die mense by Moses stilgemaak. Hy het gesê: “Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kan sonder twyfel die oorhand daaroor kry.”
Compare
Explore Numeri 13:30
2
Numeri 13:33
Daar het ons reuse gesien.” Die Enakiete stam uit die reuse. “Ons was in ons eie oë soos koringkrieke; ons was soos muggies in hulle oë.”
Explore Numeri 13:33
3
Numeri 13:31
Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: “Ons kan nie teen daardie volk uittrek nie, want hulle is sterker as ons.”
Explore Numeri 13:31
4
Numeri 13:32
Hulle het toe onder die Israeliete 'n gerug versprei oor die land wat hulle verken het: “Die land waardeur ons getrek het om te verken, is 'n land wat sy inwoners vernietig. Al die mense wat ons daar gesien het, is groot manne.
Explore Numeri 13:32
5
Numeri 13:27
Hulle het vir Moses vertel en gesê: “Ons het in die land aangekom waarheen u ons gestuur het. En verder, dit is 'n land wat oorloop van melk en heuning, en hier is van die land se vrugte.
Explore Numeri 13:27
6
Numeri 13:28
Die volk wat in die land woon, is egter baie sterk. Die stede is versterk en baie groot. Ons het ook afstammelinge van die Enakiete daar gesien.
Explore Numeri 13:28
7
Numeri 13:29
Die Amalekiete woon in die Suidland, die Hetiete, Jebusiete en •Amoriete woon in die bergwêreld, terwyl die Kanaäniete by die see en langs die Jordaan woon.”
Explore Numeri 13:29
8
Numeri 13:26
Hulle het gegaan en by Moses, Aäron en die hele volksvergadering van die Israeliete by Kades in die Paranwoestyn aangekom. Hulle het aan hulle en die hele volksvergadering verslag gedoen en aan hulle die land se vrugte gewys.
Explore Numeri 13:26
Home
Bible
Plans
Videos