1
Jakobus 3:17
Die Bybel 2020-vertaling
Maar die wysheid van bo is in die eerste plek suiwer, en verder ook vredeliewend, bedagsaam, inskiklik, vol deernis en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
Compare
Explore Jakobus 3:17
2
Jakobus 3:13
Wie onder julle is wys en verstandig? Laat hy deur goeie gedrag sy dade met sagmoedige wysheid toon.
Explore Jakobus 3:13
3
Jakobus 3:18
En die vrug van •geregtigheid word in vrede gesaai vir hulle wat vrede maak.
Explore Jakobus 3:18
4
Jakobus 3:16
Want waar afguns en selfsug heers, kom wanorde en allerlei gemene dade voor.
Explore Jakobus 3:16
5
Jakobus 3:9-10
Daarmee loof ons die Here en Vader, en daarmee vervloek ons mense wat na die beeld van God geskep is. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broers, behoort nie so te wees nie.
Explore Jakobus 3:9-10
6
Jakobus 3:6
Die tong is ook 'n vuur, 'n wêreld van ongeregtigheid. Die tong is deel van ons ledemate, maar besoedel die hele liggaam. Dit steek die hele lewensloop aan die brand, en word uit Gehenna aangesteek.
Explore Jakobus 3:6
7
Jakobus 3:8
Maar geen mens kan die tong tem nie; dit is 'n onbestendige kwaad, vol dodelike gif.
Explore Jakobus 3:8
8
Jakobus 3:1
Moenie almal leermeesters wil wees nie, my broers, omdat julle weet dat ons strenger geoordeel sal word.
Explore Jakobus 3:1
Home
Bible
Plans
Videos