1
Jesaja 1:18
Die Bybel 2020-vertaling
“Kom tog, laat ons die saak uitpraat!” sê die HERE. “Al is julle sondes rooi soos karmosyn, dit sal wit word soos sneeu; al is dit rooi soos skarlaken, soos wol sal dit word.
Compare
Explore Jesaja 1:18
2
Jesaja 1:19
As julle gewillig is en luister – die goeie van die land sal julle geniet.
Explore Jesaja 1:19
3
Jesaja 1:17
Leer om goed te doen! Bevorder die reg! Lê die onderdrukker aan bande! Handhaaf die reg van die vaderloses! Verdedig die weduwees se regsake!
Explore Jesaja 1:17
4
Jesaja 1:20
Maar as julle weier en opstandig is – deur die swaard sal julle verteer word.” Ja, die mond van die HERE het gespreek.
Explore Jesaja 1:20
5
Jesaja 1:16
Was julle! Reinig julle! Verwyder julle bose dade voor my oë! Hou op om kwaad te doen!
Explore Jesaja 1:16
6
Jesaja 1:15
As julle julle hande uitstrek, sluit Ek my oë vir julle. Selfs as julle baie bid, luister Ek nie. Julle hande is vol bloed.
Explore Jesaja 1:15
7
Jesaja 1:13
Hou op om waardelose •graanoffers aan te dra! Reukwerk – afstootlik is dit vir My. Nuwemaansfeeste en Sabbatte, die saamroep van byeenkomste – Ek kan nie onreg én gewyde rusdae verdra nie.
Explore Jesaja 1:13
8
Jesaja 1:3
'n Bees ken sy eienaar en 'n donkie die krip van sy besitter. Israel het egter nie kennis nie, my volk toon geen insig nie.”
Explore Jesaja 1:3
9
Jesaja 1:14
Julle nuwemane en vaste feestye haat Ek met my hele wese; dit is vir My 'n las, Ek is moeg daarvoor om dit te dra.
Explore Jesaja 1:14
Home
Bible
Plans
Videos