1
1 Korinthiërs 13:4-5
Die Bybel 2020-vertaling
Liefde bly geduldig, liefde gee om, liefde is nie jaloers nie, spog nie, en is nie verwaand nie. Liefde tree nie onbehoorlik op nie, jaag nie eiebelang na nie, is nie liggeraak nie. Dit hou nie boek van die kwaad nie
Compare
Explore 1 Korinthiërs 13:4-5
2
1 Korinthiërs 13:7
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verduur alles.
Explore 1 Korinthiërs 13:7
3
1 Korinthiërs 13:6
is nie bly oor onreg nie, maar is saam bly oor die waarheid.
Explore 1 Korinthiërs 13:6
4
1 Korinthiërs 13:13
En nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie – maar die grootste hiervan is die liefde.
Explore 1 Korinthiërs 13:13
5
1 Korinthiërs 13:8
Liefde faal nooit nie. Maar profesieë, dit sal tot 'n einde kom; of tale, dit sal ophou; of kennis, dit sal tot niet gaan.
Explore 1 Korinthiërs 13:8
6
1 Korinthiërs 13:1
Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het nie liefde nie, dan het ek 'n weergalmende ghong of 'n kletterende simbaal geword.
Explore 1 Korinthiërs 13:1
7
1 Korinthiërs 13:2
En al profeteer ek, en begryp ek alle geheime, en besit ek alle kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het nie liefde nie, is ek niks!
Explore 1 Korinthiërs 13:2
8
1 Korinthiërs 13:3
Al deel ek al my besittings uit, en gee ek my liggaam oor, sodat ek my daarop kan beroem, maar ek het nie liefde nie, baat dit my niks.
Explore 1 Korinthiërs 13:3
9
1 Korinthiërs 13:11
Toe ek nog 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Noudat ek volwasse is, het ek die dinge van 'n kind agtergelaat.
Explore 1 Korinthiërs 13:11
Home
Bible
Plans
Videos