Ek, Jeremia, het gebid en gesê:
“Here, dit is U wat my sterk maak en my beskerm,
U wat my veilig laat voel wanneer daar gevaar is.
Volke uit ver lande sal na U toe kom
en hulle sal sê: ‘Waarlik, ons voorvaders
het gode gedien wat nie gode is nie,
daardie gode beteken niks,
hulle kan ons nie help nie.’