Felicia Lategan se banier

Felicia Lategan

Felicia is ‘n skrywer in hart en Skakel Beampte in beroep. Sy is al 20 jaar getroud met Hendrik en het ‘n volwasse seun. Sy geniet die natuur en fisiese oefening om gees, liggaam en siel te verkwik. Sy is ‘n optimis wat daagliks kies om die lewe in volkleur te leef en glo daarin om staande te bly op haar knieë . Bemoediging deur skrywes en praatjies is haar energie . Sy glo dat elke persoon se lewensverhaal waarde dra en dat genade van God die deurslaggewende faktor is tot haar eie verhaal. Daar ís alt yd hoop in enige situasie.