YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 9:1-12

PSALMS 9:1-12 - Vir die koorleier: op die wysie van “By die dood van die seun”. 'n Psalm van Dawid.

Met my hele hart wil ek U prys, Here,
wil ek van u magtige reddingsdade vertel.
Oor U wil ek my verbly en vrolik wees,
u Naam wil ek besing, o Allerhoogste.

Toe U verskyn het, het my vyande gevlug,
hulle het gestruikel en omgekom.
Toe U op die troon gaan sit het as betroubare regter,
het U aan my reg laat geskied.

U het die nasies met vernietiging gedreig,
die skuldiges laat omkom,
hulle naam vir altyd uitgewis.
Dit is klaar met die vyand,
daar bly net puinhope oor.
U het hulle stede verwoes,
niemand dink eers meer aan hulle nie.

Die Here is altyd op sy troon;
op sy regterstoel is Hy steeds gereed vir die regspraak.
Hy lewer 'n regverdige uitspraak oor alle mense,
Hy vel 'n billike vonnis oor die nasies.
Vir die mens wat in gevaar verkeer,
is die Here 'n toevlug,
'n skuilplek in tye van nood.
Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U,
want U, Here,
laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie.

Sing tot eer van die Here wat op Sion woon,
vertel die volke van sy dade!

Vir die koorleier: op die wysie van “By die dood van die seun”. 'n Psalm van Dawid. Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van u magtige reddingsdade vertel. Oor U wil ek my verbly en vrolik wees, u Naam wil ek besing, o Allerhoogste. Toe U verskyn het, het my vyande gevlug, hulle het gestruikel en omgekom. Toe U op die troon gaan sit het as betroubare regter, het U aan my reg laat geskied. U het die nasies met vernietiging gedreig, die skuldiges laat omkom, hulle naam vir altyd uitgewis. Dit is klaar met die vyand, daar bly net puinhope oor. U het hulle stede verwoes, niemand dink eers meer aan hulle nie. Die Here is altyd op sy troon; op sy regterstoel is Hy steeds gereed vir die regspraak. Hy lewer 'n regverdige uitspraak oor alle mense, Hy vel 'n billike vonnis oor die nasies. Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie. Sing tot eer van die Here wat op Sion woon, vertel die volke van sy dade!

PSALMS 9:1-12

PSALMS 9:1-12
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's