YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 51:1-13

PSALMS 51:1-13 - Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.

Wees my genadig, o God, in u troue liefde,
wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!
Was my skoon van my skuld,
reinig my van my sonde!
Ja, my oortredings ken ek
en van my sonde bly ek altyd bewus.
Teen U alleen het ek gesondig,
ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.
U uitspraak is dus reg
en u oordeel regverdig.
Ek was al skuldig toe ek gebore is,
met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.

Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart:
laat ek dan diep in my binneste weet
hoe U wil dat ek moet lewe.
Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees,
was my dat ek witter as sneeu kan wees.
Laat my weer blydskap en vreugde belewe.
U het my verbrysel; laat my weer jubel.
Moet tog nie ag slaan op my sondes nie,
wis al my skuld uit!
Skep vir my 'n rein hart, o God,
vernuwe my gees en maak my standvastig.
Moet my tog nie van U af wegdryf
en u Heilige Gees van my af wegneem nie!

Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig. Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het. Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe. Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees. Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel. Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit! Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie!

PSALMS 51:1-13

PSALMS 51:1-13
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's