YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 27:1-8

PSALMS 27:1-8 - Van Dawid.

Die Here is my lig en my redder,
vir wie sou ek bang wees?
Die Here is my toevlug,
vir wie sou ek vrees?

As misdadigers op my afstorm om my dood te maak,
my teëstanders en my vyande,
dan is dit juis húlle wat struikel en val.
Al sou 'n leër teen my stelling inneem,
sal ek nie bang word nie.
Selfs al sou die aanval op my begin,
sal ek nog steeds vertroue hê.

Net een ding het ek van die Here gevra
en dit sal ek najaag:
dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon
om sy goedheid te belewe
en daaroor na te dink in sy tempel.
Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis,
my veilig laat skuil in sy woonplek,
my hoog op 'n rots laat staan;
ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring,
ek sal 'n lied sing,
ek sal sing tot die eer van die Here
terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my.

Luister tog na my, Here, as ek roep;
wees my genadig en verhoor my gebed.
Ek onthou wat U gesê het:
“Julle moet My kom dien!”
Ek is hier om U te dien, Here.

Van Dawid. Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val. Al sou 'n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê. Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op 'n rots laat staan; ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek sal 'n lied sing, ek sal sing tot die eer van die Here terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my. Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my genadig en verhoor my gebed. Ek onthou wat U gesê het: “Julle moet My kom dien!” Ek is hier om U te dien, Here.

PSALMS 27:1-8

PSALMS 27:1-8
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's