Laat my elke môre u liefde ondervind,
want in U stel ek my vertroue.
Wys my die pad wat ek moet loop,
want my hoop is op U gevestig.
Red my van my vyande, Here,
want by U skuil ek.
Leer my om u wil te doen, want U is my God!
Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.