YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 119:113-128

PSALMS 119:113-128 - Ek haat huigelary,
maar u wet het ek lief.
By U skuil ek, U beskerm my,
in u woord stel ek my vertroue.
Gaan weg van my af, julle wat onreg doen;
ek sal aan die gebooie van my God gehoorsaam bly.
Laat my vas staan soos U beloof het, dat ek kan lewe,
dat ek nie teleurgestel sal wees in my verwagting nie.
Beskerm my, dan sal ek behoue bly
en u voorskrifte gedurig voor oë hou.
U verwerp almal wat van u voorskrifte afdwaal;
met hulle ontrou mislei hulle hulleself.
U verwyder al die goddeloses van die aarde af
soos waardelose skuim,
daarom het ek u verordeninge lief.
Ek sidder van vrees vir U,
ek het diepe ontsag vir u bepalings.

Ek het gedoen wat reg en regverdig is,
moet my tog nie oorgee aan die genade van dié wat my veronreg nie.
Tree tog vir my in dat dit met my goed kan gaan,
moenie toelaat dat hovaardige mense my verdruk nie.
Ek smag na die bevryding wat U bring,
na u woord wat my red.
Handel met my volgens u troue liefde,
leer my u voorskrifte.
Ek is u dienaar: onderrig my tog in u verordeninge.
Dit is tyd dat die Here ingryp teen dié wat sy wet oortree.
Ek het u gebooie liewer as goud, as fyn goud.
Daarom leef ek nougeset volgens al u bevele
en haat ek elke verkeerde pad.

Ek haat huigelary, maar u wet het ek lief. By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue. Gaan weg van my af, julle wat onreg doen; ek sal aan die gebooie van my God gehoorsaam bly. Laat my vas staan soos U beloof het, dat ek kan lewe, dat ek nie teleurgestel sal wees in my verwagting nie. Beskerm my, dan sal ek behoue bly en u voorskrifte gedurig voor oë hou. U verwerp almal wat van u voorskrifte afdwaal; met hulle ontrou mislei hulle hulleself. U verwyder al die goddeloses van die aarde af soos waardelose skuim, daarom het ek u verordeninge lief. Ek sidder van vrees vir U, ek het diepe ontsag vir u bepalings. Ek het gedoen wat reg en regverdig is, moet my tog nie oorgee aan die genade van dié wat my veronreg nie. Tree tog vir my in dat dit met my goed kan gaan, moenie toelaat dat hovaardige mense my verdruk nie. Ek smag na die bevryding wat U bring, na u woord wat my red. Handel met my volgens u troue liefde, leer my u voorskrifte. Ek is u dienaar: onderrig my tog in u verordeninge. Dit is tyd dat die Here ingryp teen dié wat sy wet oortree. Ek het u gebooie liewer as goud, as fyn goud. Daarom leef ek nougeset volgens al u bevele en haat ek elke verkeerde pad.

PSALMS 119:113-128

PSALMS 119:113-128
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's