PSALMS 119:105-112
![PSALMS 119:105-112 - U woord is die lamp wat my die weg wys,
die lig op my pad.
Ek het 'n eed afgelê, en daarby sal ek bly,
om my aan u bepalings te hou;
hulle is regverdig.
Ek ly swaar, Here,
hou my in die lewe, soos U beloof het.
Neem tog my dank aan, Here.
Leer my u bepalings.
My lewe is gedurig in gevaar,
maar u wet verontagsaam ek nie.
Die goddeloses stel vir my 'n strik,
maar van u bevele wyk ek nie af nie.
U verordeninge maak ek altyd my eie,
want hulle is vir my 'n vreugde.
Ek lê my daarop toe om u voorskrifte altyd uit te voer,
tot die einde toe.](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2F320x320%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fstatic-youversionapi-com%2Fimages%2Fbase%2F29731%2F1280x1280.jpg&w=640&q=75)
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Ek het 'n eed afgelê, en daarby sal ek bly, om my aan u bepalings te hou; hulle is regverdig. Ek ly swaar, Here, hou my in die lewe, soos U beloof het. Neem tog my dank aan, Here. Leer my u bepalings. My lewe is gedurig in gevaar, maar u wet verontagsaam ek nie. Die goddeloses stel vir my 'n strik, maar van u bevele wyk ek nie af nie. U verordeninge maak ek altyd my eie, want hulle is vir my 'n vreugde. Ek lê my daarop toe om u voorskrifte altyd uit te voer, tot die einde toe.
PSALMS 119:105-112