YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 116:1-12

PSALMS 116:1-12 - Ek het die Here lief,
want Hy verhoor my smeekgebede.

Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.
Bande van die dood het my omsluit,
doodsangs het my aangegryp,
ek het benoud en bekommerd geword.
Toe het ek die Naam van die Here aangeroep:
“Here, red my tog!”
Die Here is genadig en regverdig,
ons God ontferm Hom oor ons.
Die Here beskerm die hulpeloses:
ek was magteloos, maar Hy het my gered.

Ek moet nou tot rus kom,
die Here het goed aan my gedoen:
U het my van die dood gered,
U het 'n einde gemaak aan my trane,
U het gesorg dat ek nie weer struikel nie.
Ek kon voor die Here bly wandel
in die land van die lewendes.
Ek het in U bly glo,
selfs toe ek gedink het dit is klaar met my
en toe ek in my vertwyfeling besef het:
ek kan op geen mens staatmaak nie.

Hoe sal ek die Here vergoed
vir al sy weldade aan my?

Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!” Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered. Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen: U het my van die dood gered, U het 'n einde gemaak aan my trane, U het gesorg dat ek nie weer struikel nie. Ek kon voor die Here bly wandel in die land van die lewendes. Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my en toe ek in my vertwyfeling besef het: ek kan op geen mens staatmaak nie. Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?

PSALMS 116:1-12

PSALMS 116:1-12
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's