YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 107:1-9

PSALMS 107:1-9 - “Loof die Here, want Hy is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie!”
So moet die mense sê wat deur die Here bevry is,
dié wat Hy uit hulle nood bevry het
en uit baie lande versamel het,
uit die ooste en die weste,
die noorde en die suide.

Party was verdwaal in die woestyn, in 'n barre wêreld,
en kon die pad na 'n bewoonde stad nie kry nie.
Hulle was honger en dors,
hulle was uitgeput,
maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp
en Hy het hulle gered uit hulle ellende.
Hy het hulle op die regte pad gebring
en by 'n bewoonde stad laat uitkom.
Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,
vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.

Hy het die dors geles van dié wat versmag het,
Hy het die goeie in oorvloed gegee
aan dié wat honger gely het.

“Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!” So moet die mense sê wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het en uit baie lande versamel het, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide. Party was verdwaal in die woestyn, in 'n barre wêreld, en kon die pad na 'n bewoonde stad nie kry nie. Hulle was honger en dors, hulle was uitgeput, maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp en Hy het hulle gered uit hulle ellende. Hy het hulle op die regte pad gebring en by 'n bewoonde stad laat uitkom. Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen. Hy het die dors geles van dié wat versmag het, Hy het die goeie in oorvloed gegee aan dié wat honger gely het.

PSALMS 107:1-9

PSALMS 107:1-9
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's