YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 105:1-15

PSALMS 105:1-15 - Loof die Here! Roep Hom aan!
Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het.
Sing liedere, sing tot sy eer,
vertel van al sy magtige dade.
Roem sy heilige Naam,
laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees.
Soek hulp en beskerming by die Here,
soek gedurig sy teenwoordigheid.
Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het,
aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel,
julle, nageslag van Abraham sy dienaar,
nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het.
Hy, die Here, is ons God;
sy reddingsdade strek oor die hele aarde.
Hy hou sy verbond altyd in stand,
die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het,
die verbond wat Hy met Abraham gesluit het,
sy eed aan Isak.
Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging,
vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan.
Hy het gesê:
“Ek gee Kanaän vir jou
as grondgebied en eiendom.”

Toe hulle nog maar min was,
net 'n paar mense, en vreemdelinge in die land,
toe hulle van volk na volk geswerf het,
van die gebied van die een volk na dié van 'n ander,
het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie,
en het Hy selfs konings ter wille van hulle gewaarsku:
“Moenie aan my gesalfdes raak nie,
moenie my profete kwaad aandoen nie!”

Loof die Here! Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel, julle, nageslag van Abraham sy dienaar, nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het. Hy, die Here, is ons God; sy reddingsdade strek oor die hele aarde. Hy hou sy verbond altyd in stand, die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het, die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, sy eed aan Isak. Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging, vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan. Hy het gesê: “Ek gee Kanaän vir jou as grondgebied en eiendom.” Toe hulle nog maar min was, net 'n paar mense, en vreemdelinge in die land, toe hulle van volk na volk geswerf het, van die gebied van die een volk na dié van 'n ander, het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie, en het Hy selfs konings ter wille van hulle gewaarsku: “Moenie aan my gesalfdes raak nie, moenie my profete kwaad aandoen nie!”

PSALMS 105:1-15

PSALMS 105:1-15
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's