YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

SPREUKE 16:6-12

SPREUKE 16:6-12 - Liefde en trou bring versoening
waar daar verkeerd gehandel is;
kwaad word vermy deur die Here te dien.

As die Here tevrede is met 'n mens se lewe,
laat Hy selfs so 'n mens se vyande in vrede met hom lewe.

Liewer min hê en reg lewe
as baie inkomste hê deur onreg.

'n Mens beplan sy pad,
maar die Here bepaal hoe hy loop.

As die koning praat, is dit met Goddelike gesag;
as hy uitspraak lewer, maak hy nie fout nie.

Die norme vir die regspraak kom van die Here af;
Hy bepaal die maatstawwe.

Konings het 'n afsku van verkeerde dade,
want 'n troon word deur regverdigheid bestendig.

Liefde en trou bring versoening waar daar verkeerd gehandel is; kwaad word vermy deur die Here te dien. As die Here tevrede is met 'n mens se lewe, laat Hy selfs so 'n mens se vyande in vrede met hom lewe. Liewer min hê en reg lewe as baie inkomste hê deur onreg. 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop. As die koning praat, is dit met Goddelike gesag; as hy uitspraak lewer, maak hy nie fout nie. Die norme vir die regspraak kom van die Here af; Hy bepaal die maatstawwe. Konings het 'n afsku van verkeerde dade, want 'n troon word deur regverdigheid bestendig.

SPREUKE 16:6-12

SPREUKE 16:6-12
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's