SPREUKE 15:1-17
![SPREUKE 15:1-17 - 'n Sagte antwoord laat woede bedaar;
'n krenkende woord laat woede ontvlam.
Die woorde van wyse mense maak kennis iets begeerliks;
dwase mense sê net dwase dinge.
Die Here sien oral;
Hy hou slegte en goeie mense dop.
Kalmerende woorde bring lewe,
skynheilige woorde breek mense.
'n Dwaas verag wat sy vader hom leer;
wie hom laat teregwys, is verstandig.
In die huis van die regverdige is daar groot rykdom;
die inkomste van die goddelose is vir hom tot nadeel.
Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê;
dwase het verdraaide opvattings.
Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses,
maar Hy aanvaar die gebede van opregtes.
Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses;
maar Hy het dié lief wat volgens sy wil lewe.
Wie die regte pad verlaat, sal swaar gestraf word;
wie teregwysing haat, sal sterf.
Vir die Here is die doderyk
en die onderaardse diepte nie verborge nie,
hoeveel minder die gedagtes van mense.
'n Ligsinnige mens hou nie daarvan
dat hy tereggewys word nie;
hy word nie 'n wyse mens nie.
Blydskap laat 'n mens se gesig straal;
smart maak 'n mens terneergedruk.
'n Verstandige mens is op soek na kennis;
'n dwaas voed homself met dwaasheid.
Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens;
die blymoedige mens se hele lewe is 'n fees.
Liewer min hê en die Here dien
as groot rykdom en bekommernis daaroor.
Liewer net 'n bietjie groente en liefde daarby
as 'n vetgemaakte os en haat daarby.](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2F320x320%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fstatic-youversionapi-com%2Fimages%2Fbase%2F14054%2F1280x1280.jpg&w=640&q=75)
'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam. Die woorde van wyse mense maak kennis iets begeerliks; dwase mense sê net dwase dinge. Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. 'n Dwaas verag wat sy vader hom leer; wie hom laat teregwys, is verstandig. In die huis van die regverdige is daar groot rykdom; die inkomste van die goddelose is vir hom tot nadeel. Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê; dwase het verdraaide opvattings. Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses, maar Hy aanvaar die gebede van opregtes. Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses; maar Hy het dié lief wat volgens sy wil lewe. Wie die regte pad verlaat, sal swaar gestraf word; wie teregwysing haat, sal sterf. Vir die Here is die doderyk en die onderaardse diepte nie verborge nie, hoeveel minder die gedagtes van mense. 'n Ligsinnige mens hou nie daarvan dat hy tereggewys word nie; hy word nie 'n wyse mens nie. Blydskap laat 'n mens se gesig straal; smart maak 'n mens terneergedruk. 'n Verstandige mens is op soek na kennis; 'n dwaas voed homself met dwaasheid. Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is 'n fees. Liewer min hê en die Here dien as groot rykdom en bekommernis daaroor. Liewer net 'n bietjie groente en liefde daarby as 'n vetgemaakte os en haat daarby.
SPREUKE 15:1-17