SPREUKE 10:16-22

Die regverdige ontvang die lewe as beloning; die goddelose oes net straf. Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe; wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af. Agter die woorde van 'n huigelaar sit daar haat; wie skinderstories versprei, is 'n dwaas. Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig. Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd; die gedagtes van die goddelose is min werd. Met wat die regverdige sê, sorg hy vir baie; 'n dwaas gebruik nie sy verstand nie en bring die dood oor homself. Dit is die seën van die Here wat rykdom bring; jou geswoeg laat dit nie meer word nie.
SPREUKE 10:16-22