JOËL 2:1-11

JOËL 2:1-11 - Blaas die ramshoring in Sion,
roep hard op my heilige berg.

Al die inwoners van die land sal bewe,
want die dag van die Here kom,
dit is naby:
dié stikdonker dag, die dag van donker wolke
waarop die groot sterk nasie oor die berge uitsprei
soos die lig van die dagbreek uitsprei.
Só 'n sterk nasie was daar nog nooit
en sal daar nooit weer wees nie,
selfs nie in die verste toekoms nie.
Die leër se voorhoede is 'n vuur wat verteer,
sy agterhoede 'n vlam wat brand.
Voor die koms van die sprinkaanswerm is die veld soos die tuin van Eden;
as hy verby is, is dit 'n onbewoonbare woestyn.
Hy laat niks oorbly nie.
Sy manskappe lyk soos perde,
hulle galop soos ryperde.
Op die bergtoppe dreun hulle soos strydwaens,
knetter hulle soos die vuur van 'n grasbrand
wanneer dit strooi verbrand,
rumoer hulle soos 'n groot leër wat klaarmaak om te veg.
Voor hulle bewe die nasies,
almal word wit van angs.
Hulle storm vorentoe soos dapper soldate,
hulle klim oor die stadsmure.
Elkeen gaan reg vorentoe,
hulle verander nie van rigting nie.
Die een stamp nie teen die ander nie;
elkeen bly op sy pad.
Hoe hulle ook sneuwel voor die verdediging,
hulle raak nie van koers af nie.
Hulle oorval die stad,
hulle hardloop oor die mure,
hulle storm die huise binne,
soos diewe klim hulle deur die vensters.
Die aarde skrik vir hulle,
die hemel bewe;
die son en die maan word donker,
die sterre verloor hulle glans.

Die Here laat sy stem weerklink voor sy leërmag uit.
Sy leër is ontsaglik groot,
dié wat die Here se bevel uitvoer, is sterk.
Die dag van die Here is 'n groot dag,
'n verskriklike dag;
wie is daarteen bestand?

Blaas die ramshoring in Sion, roep hard op my heilige berg. Al die inwoners van die land sal bewe, want die dag van die Here kom, dit is naby: dié stikdonker dag, die dag van donker wolke waarop die groot sterk nasie oor die berge uitsprei soos die lig van die dagbreek uitsprei. Só 'n sterk nasie was daar nog nooit en sal daar nooit weer wees nie, selfs nie in die verste toekoms nie. Die leër se voorhoede is 'n vuur wat verteer, sy agterhoede 'n vlam wat brand. Voor die koms van die sprinkaanswerm is die veld soos die tuin van Eden; as hy verby is, is dit 'n onbewoonbare woestyn. Hy laat niks oorbly nie. Sy manskappe lyk soos perde, hulle galop soos ryperde. Op die bergtoppe dreun hulle soos strydwaens, knetter hulle soos die vuur van 'n grasbrand wanneer dit strooi verbrand, rumoer hulle soos 'n groot leër wat klaarmaak om te veg. Voor hulle bewe die nasies, almal word wit van angs. Hulle storm vorentoe soos dapper soldate, hulle klim oor die stadsmure. Elkeen gaan reg vorentoe, hulle verander nie van rigting nie. Die een stamp nie teen die ander nie; elkeen bly op sy pad. Hoe hulle ook sneuwel voor die verdediging, hulle raak nie van koers af nie. Hulle oorval die stad, hulle hardloop oor die mure, hulle storm die huise binne, soos diewe klim hulle deur die vensters. Die aarde skrik vir hulle, die hemel bewe; die son en die maan word donker, die sterre verloor hulle glans. Die Here laat sy stem weerklink voor sy leërmag uit. Sy leër is ontsaglik groot, dié wat die Here se bevel uitvoer, is sterk. Die dag van die Here is 'n groot dag, 'n verskriklike dag; wie is daarteen bestand?

JOËL 2:1-11