Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep:
“Prys Hom!
Loof Hom wat in die Naam
van die Here kom!”
en:
“Die Koning van Israel!”