YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

1 KORINTIËRS 13:1-10

1 KORINTIËRS 13:1-10 - Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is:

Al praat ek die tale van mense en engele,
maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword.
Al het ek die gawe van profesie
en ken ek al die geheimenisse
en besit ek al die kennis,
en al het ek al die geloof om berge te versit,
maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.
Al deel ek al wat ek het aan ander uit,
en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem,
maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

Die liefde is geduldig,
die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.
Dit handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie,
is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.
Dit verbly hom nie oor onreg nie,
maar verheug hom oor die waarheid.
Dit bedek alles,
glo alles,
hoop alles,
verdra alles.

Die liefde vergaan nooit nie,
maar die gawe
van profesie sal verdwyn,
die gawe
om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou,
en dié van kennis sal uitgedien raak.
Want ons ken maar gedeeltelik,
en ons profeteer maar gedeeltelik,
maar wanneer die volledige kom,
sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.

Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks. Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.

1 KORINTIËRS 13:1-10

1 KORINTIËRS 13:1-10
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's