Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 13 Desember 2020
Kruik Oggenddiens 13 Desember 2020
Ligging en Tye
Kruik Gemeente
Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
Sondag 9:00 AM
Wat is jou prentjie van Jesus tydens hierdie Advent en Kerstyd?
Ek wil jou graag bekendstel aan ‘n jongman… ‘n Jong man… wat se toekoms reeds mooi uitgewerk was… Sy pa was ‘n gesoute visserman en heel moontlik sy oupa en oupa grootjie ook. In die Joodse kultuur van Jesus se tyd was dit die normale gang gewees dat ‘n familie besigheid, soos ‘n vissersbedryf, van een generasie oorgedra word aan die volgende generasie… Daarom, vir hierdie jongman en sy ouer broer was dit redelik vas en voorspelbaar hoe hulle beroep en toekoms gaan lyk - as profesionele vissermanne… Dis tog al wat hulle geken het en aan blootgestel is. Maar… Hierdie jongman en sy broer se storie het ‘n interessante onvoorspelbare draaipunt ingeslaan wat hulle voorspelbare toekoms en uitkyk op die lewe radikaal verander het. Lees graag saam my in Mark. 1 meer oor hierdie wending in hulle storie:
“’n Entjie verder langs die strand het Jesus die twee seuns van Sebedeus, Jakobus en Johannes, in ’n skuit gesien terwyl hulle besig was om hulle nette heel te maak. Hy het hulle ook geroep, en dadelik het hulle hulle pa en sy werksmense net so gelos en saam met Jesus gegaan.” MARKUS 1:19-20 NLV
Meeste van Johannes se jong lewe sou toegewy gewees het om te leer van die vissersbedryf en om sy toekoms te vestig en om te leer van die Joodse geloof, soos dit aan sy voorgeslagte oorgedra.
Net so, as ons dink aan jou en my lewe is die kans dat ons prentjie van Jesus ingeperk kan word a.g.v. die gewoel van ons besige lewens, dalk die beperkte opinies van mense om ons wat bietjie oor Jesus praat en dalk ons blote onkunde van wie hierdie Jesus werklik is…
As ek na Johannes se lewe in geheel kyk, sien ek iemand wat deur Jesus ingenooi was tot ‘n ongekende openbaring van wie God is… ‘n Jong onervare man wat bereid was om hierdie uitnodiging van Jesus te aanvaar en te beleef het hoe nuwe werelde vir hom oopgaan van wie hierdie Jesus is en wat Hy doen… Ek glo die feit dat Johannes vandat hy daardie uitnodiging as jongman aanvaar het en tot sy dood toe op ‘n rype ouderdom nooit teruggekyk het om saam met Jesus te stap nie, ook ‘n bewys vir jou en my is van die groot vervulling en blydskap wat hierdie openbaring van Jesus vir Johannes meegebring het… Soos hy meer van Jesus ontdek het, wou hy net nog meer ontdek en Jesus nog meer liefhê en nog meer vir Hom leef…
Tydens hierdie Advent tyd nooi Jesus jou ook uit om soos Johannes op ‘n ontdekkingsreis te gaan wat jy meer ontdek van die wonder en persoon van wie hierdie Jesus is…. My vraag aan jou vandag is: Gaan jy hierdie uitnodiging aanvaar?
Ons gaan eers vandag bietjie kyk na meer van wat hierdie ontdekkingsreis van Johannes behels het, dan kan sal ons terugkom na hierdie uitnodiging vir jou en my ook…
Ons vind in die Nuwe Testament 5 briewe of geskrifte wat deur hierdie visserman en dissipel Johannes opgeteken is: die evangelie van Johannes, dan die 3 briewe van Johannes aan ‘n gemeente en vir ‘n man Gaius en laastens die boek van Openbaring wat ‘n visoen was wat Johannes op die eiland van Patmos gehad het op ‘n baie ryp ouderdom in sy lewe… Uit hierdie geskrifte lees ons baie oor Johannes se ontdekking van wie hierdie Jesus was en is… En so nooi ek jou om saam my te lees die evangelie van Johannes hoofstuk 1, wat hierdie Johannes kom skryf:
Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, ja – die duisternis het dit nie uitgedoof nie! En die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid.' JOHANNES 1:1-5,14 NLV
Op Johannes se ontdekkingsreis saam Jesus, nadat hy Jesus begin volg het was dat Jesus se begin nie by Bethelem in ‘n krippie was nie, maar dat Hy lank reeds bestaan het voor die grondlegging van hierdie aarde. Johannes het besef dat hierdie Jesus baie meer as net nog ‘n Joodse leermeester was… Hy het ontdek dat Jesus deel van die 3 eenheid van ‘n ewige God is en dat niks ontstaan het sonder Hom nie… En so verwys Johannes later ook in Openbaring as Jesus as die Een wat was…
Die Een wat WAS….
Wat beteken hierdie beskrywing vir jou en my vandag? Dit kan baie wonderlike dinge beteken, maar vir my spreek dit van ‘n Jesus wat buite tyd staan en glad nie deur onvoorspelbaarheid van ons wêreld verras of geintimideer word nie. Hy ken die geskiednis van die mensdom, maar ook van ons hede en toekoms. Daarom, kan ons meer as ooit ons vertroue en hoop kom plaas op ‘n ewige God wat konstant en standvastig is. So, het hierdie God ook deur die eeue Homself getrou bewys en wonders gedoen en bewustheid van die “die Een wat was” jou en my bring by ‘n plek van: ERKENNING van wie God was en al gedoen het in ons lewe…
Johannes se openbaring van Jesus stop egter glad nie by die verlede nie, maar hy het hom ook in die hede beleef as ‘n lewende God van die hier en nou… Johannes skryf verder in Joh.1
' Die Een wat van die heel begin af bestaan het, is die Een wat ons gehoor en met ons eie oë gesien het. Ons het Hom aandagtig waargeneem, en Hom met ons hande aangeraak. Dit gaan oor die Woord wat lewe gee. '1 JOHANNES 1:1 NLV
Johannes word ook bewus van hierdie ewige God wat ook NOU in die HIER en NOU by hulle was… Hy verwys dus na die “Die Een wat IS…
”Dis interessant hoe Johannes, in vergelyking met die ander skrywers van die evangelies, ‘n baie groter klem lê op dit wie Jesus nie net was nie, maar ook IS in die teenwoordige… Mens lees deur die Johannes evangelie waar hy verklarings van Jesus neergepen het soos wat Jesus sê:
Ek IS die Brood van die lewe.. Ek IS die lig vir die wêreld… Ek IS die Deur en die Goeie Herder… Ek IS opstanding en die lewe… Ek IS die Weg, die Waarheid en die Lewe… Ek IS die Wingerstok…
Jesus, as EK IS moet by ons ‘n bewustheid bring van wie Hy TANS in ons lewe wil wees en wat Hy NOU in ons lewe kan doen…
Johannes se ontdekkingsreis saam Jesus het wel steeds aangegaan, selfs nadat Jesus opgevaar het hemel toe… In die boek Openbaring lees mens die abstrakte tog duidelike visoen wat hierdie Johannes van Jesus en die toekomstige dinge beleef het… Dan skryf hy in Openbaring 1:
“Dit is ’n openbaring wat van Jesus Christus af kom. God het dit aan Hom gegee om aan sy diensknegte bekend te maak wat binnekort moet gebeur. Hy het dit toe aan sy dienskneg Johannes gegee deur sy engel na hom toe te stuur. Johannes het getuienis gelewer van alles wat hy gesien het: wat God gesê het en wat Jesus getuig het.
Kyk, Hy kom met die wolke! Elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; al die nasies op aarde sal jammerlik oor Hom huil. Ja, amen! “Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.” OPENBARING 1:1-2, 7-8 NLV
Hierdie Jesus, word ook deur Johannes ontdek as die “Die Een wat KOM…”. Terwyl daar soms vreesaanjaende beelde van die eindtyd deur Johannes beskryf word in sy visoen, glo ek vandag dat die hoofdoel met hierdie brief van hom een was wat ‘n verwagting en hoop by ons moes bring. Vir jou en my wat die uitnodiging van Jesus aanvaar het en in Christus is, is daar geen meer veroordeling nie. Die 2de koms van Jesus bring dus eintlik vir ons meer hoop dat die beproewinge en uitdagings van hierdie huidige gebroke wêreld ook tot ‘n einde sal kom en daar ‘n dag sal aanbreek wat ons eendag saam met Jesus vir ewig sal wees - terug by ons ware huis saam met ons hemelse Vader - ‘n plek sonder pyn, hartseer, siekte of dood…
Daarom vandag, leer ons by Johannes dat Jesus WAS en IS en SAL WEER KOM…
Advent = 'n Tyd van ERKENNING, BEWUSTHEID en VERWAGTING vir jou en my...
Mag ons dus 'n erkenning hê van wat Hy was en gedoen het…
Mag ons 'n bewustheid hê van wat Hy tans is en wil doen…
Mag ons 'n verwagting hê van wat Hy sal wees en in ons lewe kan doen…
Al hierdie dinge bring ons terug Mark.1, waar Johannes hierdie uitnodiging van Jesus aanvaar het… Kan jy indink waarop Johannes sou uitmis as hy nie hierdie uitnodiging van Jesus aanvaar het nie? Vandag staan ek en jy ook voor daardie ope uitnodiging van Jesus. Wat maak ek en jy met dit? Mag ons JA sê, soos Johannes, en beleef ‘n ontdekkingsreis saam Jesus!

Besprekingsvrae:
1. Wat is jou prentjie van Jesus tydens hierdie Advent en Kerstyd?
2. Wat beteken Jesus vir jou as die "Een wat was"?
3. Wat beteken Jesus vir jou as die "Een wat is"?
4. Wat beteken Jesus vir jou as die "Een wat kom"?
5. Wat maak jy met die uitnodiging van Jesus tot 'n groter ontdekkingsreis van Hom?