Kruik Gemeente

Kruik Oggenddiens 29 November 2020

Kruik Oggenddiens 29 November 2020

Kruik Oggenddiens 29 November 2020

Ligging en Tye

Kruik Gemeente

Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa

Sondag 9:00 AM

Ons is in ‘n tyd van Advent… ‘n tyd van aftel, uitsien en verwagting.
Ons almal wag vir iets…Wag miskien vir uitkoms, beter tye, resultate, moontlikhede…

Advent nooi ons uit om opnuut te wag op Jesus in ons lewe…

Advent vat ons terug na Jesus se eerste koms… Bethlehem… ons tel die dae af na kersfees en vier daardie koms… terwyl ons wag is ons gelowiges ook in afwagting van Sy tweede koms, want Hy ons finaal gaan red van hierdie stukkende wêreld… en dan is daar die derde deel van Sy koms… die hier en nou in ons lewens… miskien nooi advent jou uit om Jesus deel te maak van jou lewe en bestaan…

Miskien nooi Advent jou uit om die eerste koms se boodskap relevant te maak vir vandag.

Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Jesaja 9:5

Om bo jou denke en sintuie jou lewe te stuur na ‘n plek van raad, vrede, magtige God en ewige Vader…

Ons gaan in hierdie Advent tydperk tot 20 Nov stilstaan by vier verhoudinge wat mense in hierdie advent verwagting geleef het… waar hierdie advent/verwagting/hoop boodskap deel van hulle lewe geword.

Ons begin vanoggend by Maria… jong dogter in die fleur van haar lewe, wat ander verwagtinge het, verwagtinge van trou en met tyd met gesin begin… deur die tradisies gaan en eer aan haar familie bring…

Die bybel sê sy is mooi van binne en buite… regverdig...

Dan sê die Here vir haar jy gaan ‘n seun baar, bonatuurlik… iets wat haar reputasie en lewe in een oomblik kan verander.

Lukas 1:26-37 In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na 'n maagd in Nasaret, 'n dorp in Galilea. Sy was verloof aan Josef, 'n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria. Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.”Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken. Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”Maar Maria sê vir die engel: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met 'n man gehad het nie?” Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God. Kyk, 'n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook 'n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand. Niks is vir God onmoontlik nie.”

Hoe sê sy vir Josef, ek gaan ‘n kind kry en dis nie joune nie… Haar ouers? Die samelewing? Die wet? Wat sê sy vir God oor dit?

Lukas 1:38 Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan.

Die Here gee vir haar woord wat amper glad nie sin maak nie - dis eintlik in mense konteks, vernietigend! Sy sê; Ek is beskikbaar, laat met my gebeur wat U Woord sê! Ek is U dienaar!
Ek sit my geloof, my reputasie, my voorgenome huwelik met Josef - my lewe op die spel om te doen wat U vra!

Sy sê ja vir God - ten spyte daarvan dat dit sin maak.

Die grootste gebeurtenis in wêreld geskiedenis gebeur deur ‘n ja van ‘n 14 jarige dogtertjie - van ‘n plek wat nie eers op die kaart was nie, Nasaret.

Hoe groot is ons ja vir God? Nie net vir ‘n een moment bekering nie, maar vir die stappe, skuiwe en paaie van ons lewens? Hoe groot is daai ja?

Op die eerste oog op slag was Maria se ja ‘n moontlike doodsvonnis (as jy na wet kyk) verwerping, vlug, nederlaag…
Maar haar antwoord lê nie in die logika of redenering nie, of omstandighede nie - dit lê in wie God vir haar is. Ek is U dienaar, doen soos U wil.

Haar ja het ander moontlikhede groter gemaak, daai ja het ander ja’s makliker gemaak. (Water in wyn) (Kruis) (Opstanding)

Hoe lyk die ja van ons… dalk met onderhandelinge… ek sal maar dan moet U… Wat kan die ja vir jou beteken?

Wanneer ons aftel na kersfees en uitsien om die geboorte van Jesus te vier, is daar nou ‘n geleentheid dat Hy vandag in ons lewens gebore kan word… (Nikodemus - Jy moet weer gebore word) Johannes 3:5

Miskien in donker omstandighede gebore kan word en in die donker, moeilike omstandighede - lig kan bring.

In hierdie advent tyd - kan ons nie opnuut wag vir die Here om met ons te werk nie - nie net wag vir kersfees en Sy tweede koms nie… maar wag vir nou.... Here ek is tot U beskikking.

Ek gaan U vertrou dat dit wat U wil doen in my lewe groter is as wat ek sien, hoor en voel.
Ek is tot U beskikking.
Besprekingsvrae

Baie keer is dit vir ons moeilik om vir God ja te sê, veral as ons na die lewe om ons kyk. Kan ek en jy opnuut God vertrou met ons omstandighede al maak dit nie sin nie?

Wat is daar in jou lewe waaroor jy huiwerig is om vir God te gee?

Uitdaging - Maak die stap van geloof en sê ek is tot U beskikking Here.