SEFANJA 3:17-18
SEFANJA 3:17-18 Die Boodskap (DB)
want die Here is by hulle. Die Here is soos ’n held wat hulle kom red en hulle wenners maak. As Hy aan hulle dink, raak Hy baie opgewonde en bly. Sy liefde vir hulle maak Hom rustig en laat Hom tevrede voel. Hy sal sommer soos wat hulle by ’n fees maak, hardop sing om te wys dat hulle Hom bly maak. Die Here sê dat Hy al die rampe sal wegvat wat vir hulle swaarkry en hartseer gebring het.
SEFANJA 3:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Julle God die Here is by julle. Hy is die Groot Soldaat wat julle sal red. Hy is bly en Hy juig oor julle. Hy is lief vir julle en Hy sing oor julle.” Die Here sê
SEFANJA 3:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE jou God is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel. Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle.
SEFANJA 3:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou: Ek maak dié bymekaar wat treur, ver van die feestelikheid af, dié wat uit jou uit kom en ter wille van jou die smaad gedra het.
SEFANJA 3:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE jou God is in jou midde, 'n held wat verlos. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou stil met sy liefde. Hy sal oor jou juig met jubelkrete.” “Die getreur by die fees sal Ek van jou af wegneem, dit is 'n las op jou, 'n skande.
SEFANJA 3:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE jou God is in jou midde; hy sal red, hy sal oor jou jubel met blydskap; hy sal rus in sy liefde, hy sal jubel oor jou met sang. Ek sal die wat bedroef is oor die feestyd bymekaarmaak, wat uit jou is, vir wie die smaad daarvan 'n las was.
SEFANJA 3:17-18 Die Boodskap (DB)
want die Here is by hulle. Die Here is soos ’n held wat hulle kom red en hulle wenners maak. As Hy aan hulle dink, raak Hy baie opgewonde en bly. Sy liefde vir hulle maak Hom rustig en laat Hom tevrede voel. Hy sal sommer soos wat hulle by ’n fees maak, hardop sing om te wys dat hulle Hom bly maak. Die Here sê dat Hy al die rampe sal wegvat wat vir hulle swaarkry en hartseer gebring het.
SEFANJA 3:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.” “Dié wat treur, maak Ek bymekaar, ver van die plek van ontmoeting. Dit is hulle wat uit jou voortkom en swaar dra aan die skande.