SEFANJA 3:1-2
SEFANJA 3:1-2 Die Boodskap (DB)
Slegte tye wag vir Jerusalem. Die mense van die stad is opstandig. Hulle is sleg en misbruik hulle eie mense. Hulle is nie vry mense nie. Hulle luister nie na die Here nie en wil nie reggehelp word as hulle verkeerd doen nie. Hulle vertrou nie die Here nie en dien Hom ook nie.
SEFANJA 3:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wee die gewelddadige stad, so vuil en besoedel! Sy het na geen stem geluister nie, geen teregwysing aanvaar nie. Op die HERE het sy nie vertrou nie, tot haar God het sy nie genader nie.
SEFANJA 3:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Dit sal sleg gaan met Jerusalem. Die mense wat daar woon, is opstandig teen die Here. Hulle is sleg, hulle verdruk mekaar. Hulle luister nie wanneer die Here met hulle praat nie, hulle is ongehoorsaam. Hulle dink die Here kan hulle nie help nie en hulle dien Hom nie.
SEFANJA 3:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WEE die opstandige en die besoedelde, die verdrukkende stad. Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die HERE vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.
SEFANJA 3:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ellende wag vir Jerusalem, die opstandige, besoedelde stad waarin daar soveel verdrukking is. Hy is ongehoorsaam en wil hom nie laat teregwys nie, hy vertrou nie op die Here nie en dien nie sy God nie.
SEFANJA 3:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wee die gewelddadige stad, so vuil en besoedel! Sy het na geen stem geluister nie, geen teregwysing aanvaar nie. Op die HERE het sy nie vertrou nie, tot haar God het sy nie genader nie.
SEFANJA 3:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wee haar wat vuil en besoedel is, die verdrukkende stad! Sy het nie na die stem geluister nie; sy het nie regstelling ontvang nie; sy het nie op die HERE vertrou nie; sy het nie naby haar God gekom nie.