SEFANJA 1:1
SEFANJA 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het met Sefanja gepraat. Dit was in die tyd toe Josia die koning van Juda was. Josia was die seun van Amon. Sefanja was die seun van Kusi, en Kusi was die seun van Gedalja. Gedalja was die seun van Amarja, en Amarja was die seun van Hiskia.
SEFANJA 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE woord van die HERE wat gekom het tot Sefánja, die seun van Kusi, die seun van Gedálja, die seun van Amárja, die seun van Hiskía, in die dae van Josía, die seun van Amon, koning van Juda.
SEFANJA 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here wat gekom het tot Sefanja seun van Kusi, seun van Gedalja, seun van Amarja, seun van Hiskia. Dit het gebeur in die regeringstyd van koning Josia van Juda, seun van Amon.
SEFANJA 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is die woord van die HERE aan Sefanja, seun van Kusi, seun van Gedalja, seun van Amarja, seun van Hiskia in die tyd van Josia, seun van Amon, koning van Juda.
SEFANJA 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die woord van die HERE wat gekom het tot Sefanja, die seun van Kusi, die seun van Gedalja, die seun van Amarja, die seun van Hiskía, in die dae van Josia, die seun van Amon, die koning van Juda.
SEFANJA 1:1 Die Boodskap (DB)
In die tyd toe Josia koning van Juda was, het die Here vir Sefanja ’n boodskap gegee. Josia se pa se naam was Amon en Sefanja s’n Kusi. Sefanja se voorouers lyk so: Kusi se pa was Gedalja, Gedalja se pa Amarja en op sy beurt was Hiskia weer Amarja se pa.