SAGARIA 6:12-15
SAGARIA 6:12-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan moet jy vir hom sê: So sê die Here die Almagtige: Daar is 'n man met die naam Loot . Hy maak vinnig opgang en hy sal die tempel van die Here bou. Dit is hy wat die tempel van die Here sal bou, dit is hy wat die mag sal besit, wat op die troon sal sit en sal heers. 'n Priester sal saam met hom regeer en daar sal vriendelike oorleg tussen hulle twee wees. Die kroon moet in die tempel van die Here bly as 'n gedagtenis aan Geldai, Tobija en Jedaja en aan die goeie gesindheid van die seun van Sefanja. Mense sal van ver af kom en aan die tempel van die Here bou, sodat julle sal weet dat die Here die Almagtige my na julle toe gestuur het. Dit sal gebeur as julle in alles gehoorsaam is aan die Here julle God.
SAGARIA 6:12-15 Die Boodskap (DB)
“Sê dan vir hom: Die Here wat sterker is as alles en almal sê: ’n Man sal na vore kom wat ‘jong tak’ genoem word. Hy kom uit die familie van koning Dawid. Hy sal die tempel van die Here weer bou. Maar hy sal nie net die tempel bou nie, die mense sal hom as ’n koning sien. Hy sal op sy troon sit en die land regeer. ’n Priester sal saam met hom regeer. Hy en die priester sal goed oor die weg kom en in vrede saamwerk. “Die krone moet in die tempel van die Here bly as aandenkings aan Geldai, Tobija, Jedaja en Josia. Hulle het die krone mos as geskenke gegee. “Mense sal van oral af kom om die tempel van die Here te help bou. As dit gebeur, sal dit weer vir julle ’n bewys wees dat die Here my gestuur het. Ek praat nie sommer net wat in my eie kop opkom nie. Hierdie goeie dinge sal gebeur as julle mooi versigtig alles doen wat die Here wil hê julle moet doen.”
SAGARIA 6:12-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vertel hom dat die HERE, die Almagtige, sê: Hier is die man met die naam Loot. Hy sal uitspruit van waar hy is en die tempel van die HERE bou. Hy sal die HERE se tempel bou en met eer beklee word. Van sy troon af sal hy as koning heers. Hy sal ook vanaf sy troon as priester dien en daar sal vrede en harmonie tussen hulle twee wees. “Die kroon moet in die tempel bly as ’n gedagtenis aan die vrygewigheid van die mense wat dit gegee het, Geldai, Tobija en die seun van Sefanja.” Mense sal van ver lande af kom om die tempel van die HERE te herbou. Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat my boodskappe van die HERE, die Almagtige, af kom. Al hierdie dinge gebeur as julle nougeset gehoorsaam is aan die gebooie van die HERE julle God.
SAGARIA 6:12-15 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moet vir hom sê die Here wat oor alles regeer, sê: Daar sal 'n man kom, sy naam is Loot. Hy sal die leier word en hy sal die tempel van die Here bou. Ja, dit is hy wat die tempel sal bou. Hy sal 'n belangrike man wees. Hy sal op die troon sit en hy sal regeer. Die priester sal saam met hom regeer, en hulle twee sal goed saamwerk. Die kroon moet in die tempel bly, dan sal almal wat die kroon sien, dink aan Geldai, aan Tobija, aan Jedaja en aan die seun van Sefanja. Mense sal van ver plekke kom en hulle sal help om die tempel te bou.” Wanneer dit gebeur, dan sal julle weet dat die Here vir my, Sagaria, gestuur het. Hy is die Here wat oor alles regeer. Maar dit sal net gebeur as julle goed luister na wat julle God die Here vir julle sê.
SAGARIA 6:12-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en sê vir hom dit: So spreek die HERE van die leërskare: Kyk, daar kom 'n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou. Ja, Hý sal die tempel van die HERE bou, en Hý sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy 'n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan. En die kroon moet as gedagtenis bly aan Helem en Tobía en Jedája, en aan die vriendelikheid van die seun van Sefánja in die tempel van die HERE. En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die HERE bou. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het. En dit sal so wees, as julle nougeset luister na die stem van die HERE julle God.
SAGARIA 6:12-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan moet jy vir hom sê: So sê die Here die Almagtige: Daar is 'n man met die naam Loot . Hy maak vinnig opgang en hy sal die tempel van die Here bou. Dit is hy wat die tempel van die Here sal bou, dit is hy wat die mag sal besit, wat op die troon sal sit en sal heers. 'n Priester sal saam met hom regeer en daar sal vriendelike oorleg tussen hulle twee wees. Die kroon moet in die tempel van die Here bly as 'n gedagtenis aan Geldai, Tobija en Jedaja en aan die goeie gesindheid van die seun van Sefanja. Mense sal van ver af kom en aan die tempel van die Here bou, sodat julle sal weet dat die Here die Almagtige my na julle toe gestuur het. Dit sal gebeur as julle in alles gehoorsaam is aan die Here julle God.
SAGARIA 6:12-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Sê dan vir hom: ‘So sê die HERE, Heerser oor alle magte, “Hier is 'n man wat Loot genoem word. Daar waar hy is, sal hy uitspruit en die •tempel van die HERE bou. Hy is die een wat die tempel van die HERE sal bou, hy is die een wat koninklike eer sal uitstraal. Hy sal sit en heers op sy troon. Daar sal ook 'n priester op sy eie troon wees en daar sal eenstemmigheid wees tussen hulle twee. En die kroon sal in die tempel van die HERE bly ter herinnering aan Gelem, Tobija, Jedaja en Gen, seun van Sefanja. Mense sal van ver af kom om aan die tempel van die HERE te bou. Dan sal julle weet dat dit die HERE, Heerser oor alle magte, is wat my na julle gestuur het. Dit sal gebeur as julle getrou luister na die stem van die HERE julle God. ” ’ ”
SAGARIA 6:12-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En spreek met hom en sê: So spreek die HERE van die leërskare: Hier is die man wie se naam die LUIT is; en hy sal uit sy plek opgroei en die tempel van die HERE bou. Hy sal ook die tempel van die HERE bou; en hy sal die eer dra en sit en heers op sy troon; en hy sal 'n priester op sy troon wees, en die raad van vrede sal tussen hulle altwee wees. En die krone sal wees vir Helem en Tobia en vir Jedája en vir Hen, die seun van Sefanja, as 'n gedenkteken in die tempel van die HERE. En die wat ver is, sal kom en bou aan die tempel van die HERE, en julle sal weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het. En dit sal gebeur as julle ywerig luister na die stem van die HERE julle God.