TITUS 3:5
TITUS 3:5 Bybel vir almal (ABA)
Hy het ons gered, maar Hy het dit nie gedoen omdat óns goeie dinge gedoen het nie. Nee, God het ons gered omdat Hy jammer was vir ons. Hoe het Hy ons gered? Hy het die Heilige Gees gestuur om ons sondes af te was. Hy het ons gemaak soos nuwe mense, Hy het ons gemaak soos mense wat weer gebore is.
TITUS 3:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
TITUS 3:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee.
TITUS 3:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
het Hy ons verlos – nie op grond van werke wat ons uit •geregtigheid gedoen het nie, maar op grond van sy ontferming – by wyse van die afwassing deur die weergeboorte en vernuwing deur die Heilige Gees
TITUS 3:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nie deur werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing van die Heilige Gees
TITUS 3:5 Die Boodskap (DB)
Hy het ons verlos. Hy het dit nie gedoen omdat ons so goed geleef het sodat Hy ons moes verlos nie. Nee, Hy het dit gedoen omdat Hy ons baie jammer gekry het. God het ons heeltemal nuut gemaak. Ons is ’n tweede keer gebore toe ons sy kinders geword het. Toe is al ons sondes afgewas. God het ook deur die Heilige Gees nuwe lewe aan ons gegee.