TITUS 1:7-8
TITUS 1:7-8 Bybel vir almal (ABA)
'n Ouderling werk vir God, daarom moet niemand oor hom kan praat en sê dat hy verkeerde dinge doen nie. Hy moenie dink dat hy beter is as ander mense nie, hy moenie gou kwaad word nie, hy moenie te veel drink en dan dronk word nie, hy moenie daarvan hou om te baklei nie, en hy moenie altyd meer goed wil hê nie. Nee, hy moet goed wees vir vreemdelinge, hy moet daarvan hou om goeie dinge te doen, hy moet weet hoe om reg te lewe, hy moet doen wat reg is, hy moet aan God gewy wees en hy moenie sy humeur verloor en kwaad word nie.
TITUS 1:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want 'n opsiener moet as 'n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie; maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers
TITUS 1:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Ouderling is immers 'n bestuurder van die huishouding van God. Daarom moet hy onberispelik van gedrag wees, nie aanmatigend en opvlieënd nie, nie 'n dronkaard of 'n rusiemaker of 'n soeker na oneerlike wins nie. Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers.
TITUS 1:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want 'n opsiener moet, as bestuurder oor die huishouding van God, onberispelik wees: nie eiesinnig of humeurig nie, iemand wat nie te veel drink of skoorsoekerig is of oneerlike wins najaag nie, maar gasvry, lief vir die goeie, verstandig, regverdig, toegewyd en selfbeheersd.
TITUS 1:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want 'n biskop moet onberispelik wees as 'n rentmeester van God; nie eiesinnig nie, nie gou kwaad nie, nie aan wyn gegee nie, geen slager, nie aan vuil wins gegee nie; Maar 'n liefhebber van gasvryheid, 'n liefhebber van goeie mense, nugter, regverdig, heilig, ingetoë
TITUS 1:7-8 Die Boodskap (DB)
Onthou, ’n ouderling staan aan die stuur van God se familie van gelowiges hier op aarde. Sy ganse lewe moet daarom vertel dat hy doen wat die Here sê. Hy moenie vol van homself wees nie, ook nie kort van draad en humeurig nie. Drank mag nooit sy baas wees nie. Hy moenie net regstaan om te stry en baklei nie. Ook mag hy glad nie in skelm saketransaksies betrokke wees nie. Sy huis en hart moet altyd oopstaan vir ander gelowiges, al ken hy hulle nie. Dit moet vir hom ’n groot vreugde wees om goeie dinge vir ander te doen. Hy moet nugter en beheersd wees. In alle omstandighede moet hy reg optree. Hy moet leef soos die Here wil hê. Hy moet homself goed kan beheer sodat die sonde geen houvas op sy lewe kry nie.
TITUS 1:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As bestuurder van God se huishouding moet ’n ouderling ’n onberispelike lewe lei. Hy moenie arrogant of humeurig wees nie; hy moet hom ook nie aan drank vergryp of gewelddadig of geldgierig wees nie. Hy moet gasvry wees en alles wat goed is, liefhê. Hy moet met wysheid lewe en regverdig wees. Hy moet ’n toegewyde en gedissiplineerde lewe lei.