HOOGLIED 6:2-3
HOOGLIED 6:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Sy sê: “Die man vir wie ek lief is, het afgegaan na sy tuin, na die kruie-tuin, om soos 'n takbok in die tuine te wei en om blomme te pluk. Ek behoort aan die man vir wie ek lief is, en hy is myne, hy wat tussen die blomme wei.”
HOOGLIED 6:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel. Ek is my beminde s'n, en my beminde is myne — hy wat herder is onder die lelies.
HOOGLIED 6:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die man wat ek liefhet, is af na sy tuin toe, na die kruiebeddings toe om sy skape tussen die tuine te laat wei en om lelies te pluk. Ek behoort aan die man wat ek liefhet, en die man wat ek liefhet, is myne, hy wat sy skape tussen die lelies laat wei.”
HOOGLIED 6:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My liefste het na sy tuin gegaan, af na die beddings balsemkruid om in die tuine te wei en om narsings te pluk. Ek behoort aan my liefste en my liefste behoort aan my, hy wat tussen die narsings wei.
HOOGLIED 6:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My beminde het in sy tuin gedaal, na die speserye, om in die tuine te wei en om lelies te versamel. Ek behoort aan my beminde, en my beminde is myne; hy voed onder die lelies.