HOOGLIED 6:11-13
HOOGLIED 6:11-13 Bybel vir almal (ABA)
Hy sê: “Ek het na die neute-tuin gegaan om te kyk na die groen plante in die vallei, om te kyk of die wingerdstokke nuwe blare kry en of daar blomme aan die granaatbome is. Ek weet nie wat met my gebeur het nie. Dit het gevoel of sy my laat ry op my volk se beste oorlogkarre.” Die vroue sê: “Sulammitiese vrou, jy moet terugkom, jy moet terugkom! Jy moet terugkom, jy moet terugkom, ons wil jou sien!”
HOOGLIED 6:11-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom. Voordat ek dit geweet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele volk. Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahanáim.
HOOGLIED 6:11-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek gaan af na die neuteboord toe, ek gaan kyk na die jong boompies by die spruit, ek gaan kyk hoe die wingerde bot, hoe die granaatbome bloei. Ek ken myself nie, dit is of sy my laat ry op die strydwa van die keur van my volk.” “Kom terug, kom terug, Sulammitiese vrou! Kom terug, kom terug dat ons jou kan sien!”
HOOGLIED 6:11-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Na die neuteboord het ek afgegaan om te kyk na die jong plante by die spruit, om te kyk of die wingerde rank, die granaatbome bloei. Sonder dat ek dit besef, het my begeerte my verplaas na die strydwaens van die vooraanstaandes van my volk. Draai om, meisie uit Sulem, draai om! Draai om! Draai om, sodat ons na jou kan kyk! Waarom staar julle na die meisie uit Sulem asof na die kringdans van Mahanaim?
HOOGLIED 6:11-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het afgegaan in die tuin van neute om die vrugte van die dal te sien en te sien of die wingerdstok floreer en die granate bot. Of ek ooit geweet het, my siel het my gemaak soos die strydwaens van Amminadib. Keer terug, keer terug, Sulamiet! keer terug, keer terug, dat ons na U kan kyk. Wat sal julle in die Sulamiet sien? As 't ware die geselskap van twee leërs.
HOOGLIED 6:11-13 Die Boodskap (DB)
Ek is na my tuin toe waar die neutebome staan. Ek wou sien of die palms al blom, die wingerd al uitloop en die granate se bloeisels al bot. En daar het ek na my geliefde verlang soos die drywer van ’n strydwa na ’n oorlog. Kom, nooientjie van Sullam, kom dans hier vir ons. Kom, sodat ons mooi kan kyk hoe jy lyk.
HOOGLIED 6:11-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek het afgegaan na die neuteboord om te gaan kyk na die nuwe lewe van die lente. Ek het gaan kyk hoe die wingerde bot, hoe die granaatbome bloei. Voor ek my kom kry, is ek by hom waar hy, die belangrikste van al my volksgenote, in sy strydwa ry.” “Kom terug! Kom terug na ons, meisie van Sulam! Kom terug! Kom terug dat ons weer na jou kan kyk!”