HOOGLIED 5:1-8
HOOGLIED 5:1-8 Bybel vir almal (ABA)
Hy sê: “My suster, my bruid, ek kom na my tuin, ek pluk my mirre saam met my kruie, ek eet my heuningkoek saam met my heuning, ek drink my wyn saam met my melk.” Vriende, julle moet eet, vriende, julle moet drink, julle moet dronk word van die liefde. Sy sê: “Ek het geslaap, maar my hart het wakker gebly. Ek hoor toe dat die man teen die deur klop, die man vir wie ek lief is, hy het gesê: ‘My suster, my liefste, my duif, jy is perfek. Jy moet die deur vir my oopmaak, my kop is nat van die dou, my hare het nat geword in die nag.’ Ek het geantwoord: ‘Ek het al klaar my rok uitgetrek, hoekom moet ek weer aantrek? Ek het klaar my voete gewas, hoekom moet ek hulle weer vuil laat word?’ Maar toe het die man vir wie ek lief is, sy hand deur die gat in die deur gesteek, en toe begin my hart vinnig klop oor hom. Ek het opgestaan om die deur oop te maak vir die man vir wie ek lief is. Toe my hande aan die deur se slot raak, het die mirre afgedrup van my hande, het die mirre afgeloop van my vingers. Ek het die deur oopgemaak vir die man vir wie ek lief is, maar toe was hy nie daar nie, hy was weg! Ek het gedink ek sal hom volg, ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gekry nie, ek het hom geroep, maar hy het nie geantwoord nie. Die polisie wat in die stad loop, het my gekry, hulle het my geslaan en seergemaak, die wagte op die mure het my kopdoek afgeruk. Vroue van Jerusalem, julle moet dit vir my belowe: Wanneer julle die man kry vir wie ek lief is, dan moet julle vir hom sê ek is so lief vir hom dat ek siek geword het.”
HOOGLIED 5:1-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EK het in my tuin gekom, my susterbruid, ek het my mirre met my balsem gepluk, ek het geëet van my heuningkoek met my heuning, ek het gedrink my wyn met my melk; eet, vriende, drink en word dronk, bemindes. Ek het geslaap, maar my hart het gewaak. Hoor, my beminde klop: Maak vir my oop, my suster, my vriendin, my duif, my volmaakte! Want my hoof is vol dou, my haarlokke vol nagdruppels. Ek het my kleed uitgetrek, hoe kan ek dit weer aantrek? Ek het my voete gewas, hoe kan ek dit weer vuil maak? My beminde het sy hand deur die deuropening gesteek; toe het my binneste oor hom in beroering gekom; ek het opgestaan om vir my beminde oop te maak, terwyl my hande drup van mirre en my vingers van vloeiende mirre op die handvatsels van die grendel. Ek het vir my beminde oopgemaak, maar my beminde het weggedraai, verbygegaan; ek het my besinning verloor toe hy gespreek het; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie; ek het na hom geroep, maar hy het my nie geantwoord nie. Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref; hulle het my geslaan, my gewond; die wagte by die mure het my mantel van my afgeneem. Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, as julle my beminde vind, wat sal julle hom vertel? Dat ek krank is van liefde.
HOOGLIED 5:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek het na my tuin toe gekom, my beminde bruid, ek pluk my mirre, my lekkerruik-kruie, ek eet my lekker vars heuning, ek drink my wyn en my melk. “Eet, vriende, drink, word dronk van die liefde.” “Ek het geslaap maar my hart het wakker gebly. Toe hoor ek die man wat ek liefhet, klop en hy sê: ‘Maak vir my oop, my beminde bruid, my duif, my volmaakte! My kop is nat van die dou, my hare is nat van die nag se klammigheid!’ “Toe sê ek: ‘Ek het al uitgetrek, hoekom moet ek weer aantrek? Ek het my voete al gewas, hoekom moet ek hulle weer laat vuil word?’ “Maar die man wat ek liefhet, steek sy hand deur die opening, en my hart word onstuimig oor hom. Ek staan op om oop te maak vir die man wat ek liefhet terwyl my hande drup van die mirre, terwyl die mirre van my vingers af afloop op die deur se knoppe. Ek maak oop vir die man wat ek liefhet, maar die man wat ek liefhet, het omgedraai en is weg! Ek was so opgewonde toe hy gepraat het! Ek soek hom maar kry hom nie, ek roep hom maar hy antwoord nie. Die wagte wat die stad patrolleer, kry my, hulle slaan my, hulle maak my seer; die wagte op die mure ruk my tjalie van my af. Vroue van Jerusalem, ek smeek julle: As julle die man wat ek liefhet, raakloop, sê vir hom die liefde verteer my.”
HOOGLIED 5:1-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek kom na my tuin, my suster, my bruid. Ek pluk my mirre met my speserye, ek eet my heuningkoek met my heuning, ek drink my wyn met my melk. Eet, vriende! Drink, en word van liefde dronk! Ek was aan die slaap, maar my hart was wakker. Hoor daar! My liefste klop! “Maak vir my oop, my suster, my liefling, my duif, my volmaakte; my kop is nat van dou, my lokke deurdrenk van die nag se dou.” Ek het my oorkleed al uitgetrek, moet ek dit weer aantrek? Ek het my voete al gewas, moet ek dit weer laat vuil word? My liefste het sy hand deur die opening gesteek en my hart het onstuimig geklop oor hom. Ek het opgestaan om vir my liefste oop te maak. My hande het gedrup van mirre, my vingers van vloeiende mirre, op die handvatsels van die grendel. Ek het oopgemaak vir my liefste, maar my liefste het omgedraai en weggegaan. Toe hy wegdraai, het dit geduisel in my. Ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie; na hom geroep, maar hy het my nie geantwoord nie. Die wagte, op hulle rondtes deur die stad, het my gevind. Hulle het my geslaan, hulle het my verwond, hulle het my sjaal afgeruk, die wagte by die stadsmure. Meisies van Jerusalem, ek besweer julle: As julle my liefste vind, wat moet julle vir hom sê? Dat ek siek is van liefde.
HOOGLIED 5:1-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het in my tuin gekom, my suster, my huweliksmaat; ek het my mirre bymekaargemaak met my speserye; Ek het my heuningkoek saam met my heuning geëet; Ek het my wyn saam met my melk gedrink; eet, o vriende! drink, ja, drink oorvloedig, o geliefdes. Ek slaap, maar my hart word wakker; dit is die stem van my beminde wat klop en sê: Maak oop vir my, my suster, my liefling, my duif, my onbesmette, want my kop is vol dou en my lokke met die druppels. Van die nag. Ek het my rok uitgetrek; hoe sal ek dit aantrek? Ek het my voete gewas; hoe sal ek hulle verontreinig? My beminde het sy hand by die gat van die deur ingedruk, en my ingewande het vir hom beweeg. Ek het opgestaan om vir my beminde oop te maak; en my hande het van mirre gedrup en my vingers van mirre van soetgeur, op die handvatsels van die slot. Ek het oopgemaak vir my beminde; maar my beminde het hom teruggetrek en weggegaan; my siel het beswyk toe hy spreek; Ek het hom gebel, maar hy het my geen antwoord gegee nie. Die wagte wat in die stad rondgegaan het, het my gekry, hulle het my geslaan, hulle het my gewond; die wagters van die mure het my sluier van my weggeneem. Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, as julle my beminde vind, moet julle hom vertel dat ek siek is van liefde.
HOOGLIED 5:1-8 Die Boodskap (DB)
My liefste, ek het na my tuin toe gekom. Ek het mirre gepluk en dit met speserye gemeng. Ek het heuning geëet en wyn met melk gedrink. Julle twee verliefdes moet eet en van die liefdesdrank drink. En gee julle dan oor aan die liefde tot die oggend aanbreek. Een nag het ek van my geliefde gedroom. Hy het aan die deur kom klop en gesê: “Liefste, maak oop. My duifie, laat my inkom. Ek was heelnag buite en my kop is nat van die dou en my hare van die reën.” “Ek kan nie,” het ek vir my geliefde gesê. “So pas het ek my uitgetrek en waarom weer aantrek? My voete het ek so pas gewas en waarom dit weer vuilmaak?” My geliefde het toe die deur probeer oopkry en my hart het van opwinding gebons. Naderhand het ek vinnig opgespring om die deur oop te maak. My hande was vol parfuum en my vingers het van die mirre gedrup. Ek het die handvatsel gedraai en die deur oopgeruk, maar my geliefde was weg. Ek wou net sy stem weer hoor en het hom in die strate gaan soek, maar tevergeefs. Oral het ek geroep, maar hy was weg. Die nagpolisie het my in die strate gekry en my aangerand. Een van die wagte op die muur het selfs my sluier afgeruk. Vroue van Jerusalem, belowe my dat as julle my geliefde kry, julle hom sal vertel. Van my liefde moet julle hom vertel en vir hom sê dat ek na hom gesmag het.
HOOGLIED 5:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek het na my tuin toe gekom, my suster, liewe bruid. Ek het my mirre, my geurige kruie kom pluk. Ek het my heuning kom eet, my wyn en melk kom drink.” “Eet, vriende, drink; word dronk van die liefde, minnaar.” “Een nag het ek gelê en slaap en wakker geword toe my liefling klop aan die deur. Hy het gesê: ‘Maak vir my oop, my liefling, my duif, my skat! My kop is nat van die dou, my hare is nat van die nag se klammigheid!’ “Ek sê toe: ‘Ek het dan al klaar uitgetrek, moet ek nou weer aantrek? Ek het my voete al klaar gewas, hoekom moet ek hulle nou weer vuil laat word?’ “My liefling probeer toe om die deur oop te maak. Van opgewondenheid het my hart gebons. Ek het opgestaan om oop te maak vir my liefling. My hande was nat van parfuum, en terwyl ek die deur oopsluit, het mirre gedrup van my vingers af. “Ek het oopgemaak vir my liefste, maar hy het alreeds omgedraai en weggeloop. My hart wou gaan staan toe hy gepraat het! Ek het na hom gaan soek, maar ek kon hom nie kry nie. Ek het na hom geroep, maar hy het nie geantwoord nie. Die wagte wat deur die stad gaan, het my gekry. Hulle het my geslaan, my seergemaak. Die wagte op die mure het my tjalie geskeur. “Vroue van Jerusalem, wat sal julle vir my minnaar sê wanneer julle hom teëkom? Sê vir hom dat die liefde my verteer.”