HOOGLIED 2:13-14
HOOGLIED 2:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die vyeboom laat sy groen vye uitswel, die wingerd bot en versprei sy geur. Staan op, my liefling, my mooiste, en kom! My duif in die rotsskeure, in die skuilplekke teen die bergkrans – laat my jou gesig sien, laat my jou stem hoor, want jou stem is soet en jou gesig is pragtig.”
HOOGLIED 2:13-14 Die Boodskap (DB)
Die eerste vye is ryp en die eerste trossies hang in die wingerd. Oral is daar net die geur van wingerd en van veld. Kom, my liefste, staan gou op en kom saam met my. Jy is soos ’n duifie wat in ’n rotsskeur skuil. Laat my gou weer net jou gesiggie sien en jou stemmetjie hoor. Hoe lieflik is die klank van jou stem tog, en hoe mooi jou gesig.
HOOGLIED 2:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Die vyeboom laat sy vye groot word, jy kan ruik dat die wingerdstokke blomme kry. My liefste, my mooiste, jy moet opstaan, jy moet kom. Jy is soos 'n duif tussen die rotse, 'n duif wat wegkruip teen die hoë rotse, ek wil jou sien, ek wil jou hoor, jou stem is mooi en jy is mooi.’ ”
HOOGLIED 2:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog! My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor; want u stem is soet, en u gedaante is lieflik.
HOOGLIED 2:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die voorvye kom al uit, die wingerde bot en versprei hulle geur. Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe! My duif in die klipskeure, in die skuilplek teen die krans, wys my jou gesig, laat hoor my jou stem. Jou stem is strelend, jou gesig lieflik.’
HOOGLIED 2:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die vyeboom laat sy groen vye voort, en die wingerde met die sagte druiwe gee 'n goeie reuk. Staan op, my liefling, my skone, en kom weg. O my duif, wat in die rotskloven is, in die skuilplekke van die trappe, laat my u aangesig sien, laat my u stem hoor; want soet is jou stem, en jou aangesig is lieflik.
HOOGLIED 2:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die vroeëvye begin swel, die botsels in die wingerde versprei hulle geur. Staan op, my beeldskone beminde. Kom hier na my toe!’” “My duif kruip vir my weg êrens in die klipskeure, iewers in ’n skuilplek teen die kranse. Laat ek sien waar jy is! Laat ek hoor waar kruip jy weg! Jou stem is so mooi en jou gesig is pragtig.”