RUT 4:16-17
RUT 4:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Naomi het die kind op haar skoot geneem en sy het vir hom gesorg. Die buurvroue het vir die seun 'n naam gegee. Hulle het gesê: “Naomi het nou 'n kind,” en hulle het hom Obed genoem. Obed was die pa van Isai, en Isai was die pa van Dawid.
RUT 4:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Naómi het die kind geneem en op haar skoot gesit, en sy het sy pleegmoeder geword. En die buurvroue het hom 'n naam gegee en gesê: Vir Naómi is 'n seun gebore! En hulle het hom genoem Obed; hy was die vader van Ísai, die vader van Dawid.
RUT 4:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Naomi het toe die seuntjie op haar skoot gevat en as haar eie aangeneem. Haar buurvroue het die seuntjie toe 'n naam gegee. Hulle het hom Obed genoem en gesê: “'n Seun is vir Naomi gebore.” Obed was die voorvader van Dawid.
RUT 4:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Naomi het die kind geneem en op haar skoot gesit en sy pleegmoeder geword. Die buurvroue het vir hom 'n naam gegee. Hulle het gesê: “'n Seun is vir Naomi gebore”, en hom toe Obed genoem. Obed was die vader van Isai, en Isai die vader van Dawid.
RUT 4:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Naomi het die seuntjie geneem en dit in haar boesem neergelê en haar verpleeg. En die vroue, haar bure, het dit 'n naam gegee en gesê: Daar is 'n seun gebore vir Naomi; en hulle het hom Obed genoem. Hy is die vader van Isai, die vader van Dawid.