RUT 4:13-15
RUT 4:13-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Boas het toe met Rut getrou en hy het gemeenskap met haar gehad. Die Here het haar swanger laat word, en Rut het 'n seuntjie in die wêreld gebring. Die vrouens sê toe vir Naomi: “Aan die Here kom die lof toe omdat Hy vandag vir jou 'n losser gegee het. Mag die losser se naam bekend wees in Israel, en mag hy vir jou vreugde bring en jou op jou oudag versorg. Jou skoondogter wat jou liefhet en wat vir jou meer werd is as sewe seuns, het hom in die wêreld gebring.”
RUT 4:13-15 Bybel vir almal (ABA)
Boas het met Rut getrou, en die Here het vir haar 'n seun gegee. Die vroue het vir Naomi gesê: “Ons prys die Here wat iemand gegee het wat jou nou kan help. Ons bid dat hierdie kind 'n belangrike man sal word in die volk Israel. Ons bid dat hy jou gelukkig sal maak en vir jou sal sorg wanneer jy oud is. Hy is die kind van jou skoondogter wat baie lief is vir jou en wat vir jou beter is as sewe seuns.”
RUT 4:13-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So het Boas Rut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het by haar ingegaan, en die HERE het vir haar swangerskap gegee, en sy het 'n seun gebaar. Toe sê die vroue vir Naómi: Geloofd sy die HERE wat aan jou vandag 'n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Israel geroem word! Hy sal vir jou een wees wat jou siel verkwik en jou grysheid versorg; want jou skoondogter wat jou liefhet, het hom gebaar, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns.
RUT 4:13-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Boas het toe met Rut getrou en hy het gemeenskap met haar gehad. Die Here het haar swanger laat word, en Rut het 'n seuntjie in die wêreld gebring. Die vrouens sê toe vir Naomi: “Aan die Here kom die lof toe omdat Hy vandag vir jou 'n losser gegee het. Mag die losser se naam bekend wees in Israel, en mag hy vir jou vreugde bring en jou op jou oudag versorg. Jou skoondogter wat jou liefhet en wat vir jou meer werd is as sewe seuns, het hom in die wêreld gebring.”
RUT 4:13-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Boas het Rut by hom geneem en sy het sy vrou geword. Hy het by haar ingegaan, en die HERE het haar swanger laat word. Sy het aan 'n seuntjie geboorte gegee. Die vroue het vir Naomi gesê: “Die HERE moet geprys word! Hy het jou vandag nie sonder 'n losser gelaat nie. Mag dié losser beroemd wees in Israel. Mag hy jou lewenslus herstel en jou versorg op jou oudag. Jou skoondogter, wat jou liefhet, het hom in die wêreld gebring, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns. ”
RUT 4:13-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Boas het toe vir Rut geneem, en sy was sy vrou; en toe hy by haar ingaan, het die HERE haar swanger geword, en sy het 'n seun gebaar. Toe sê die vroue vir Naomi: Geloofd sy die HERE wat jou vandag nie sonder 'n bloedverwant gelaat het nie, sodat sy naam beroemd kan word in Israel. En hy sal vir jou 'n hersteller van jou lewe en 'n voeder van jou ouderdom wees, want jou skoondogter wat jou liefhet, wat vir jou beter is as sewe seuns, het hom gebore.
RUT 4:13-15 Die Boodskap (DB)
Boas het toe met Rut getrou en nadat hy by haar geslaap het, het die Here haar swanger laat word. Sy het geboorte gegee aan ’n seun. Die Here was baie goed vir haar. Toe sê die vroue vir Naomi: “Loof die Here! Hy het vandag vir jou ’n kleinseun gegee om vir jou te sorg. Mag sy naam altyd in Israel voortleef deur sy kinders. Jou skoondogter het jou baie lief. Sy het meer vir jou gedoen as wat sewe seuns ooit sou kon doen. Mag hierdie kleinseun wat sy nou vir jou gegee het, jou weer opgewonde oor die lewe maak omdat jy weet dat daar iemand sal wees wat vir jou sal sorg as jy die dag oud is.”
RUT 4:13-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Boas het toe met Rut getrou. Sy het sy vrou geword. Hy het by haar geslaap en die HERE het haar laat swanger word. Sy het geboorte gegee aan ’n seun. Toe sê die vroue van die dorp vir Naomi: “Prys die HERE wat vandag vir jou ’n losser gegee het. Mag hy beroemd word in Israel. Mag hierdie kind vir jou vreugde bring en vir jou sorg in jou ouderdom. Want hy is die seun van jou skoondogter wat vir jou so lief is en wat vir jou meer beteken as sewe seuns!”