RUT 3:10
RUT 3:10 Bybel vir almal (ABA)
Boas sê toe: “Dogter, die Here sal jou seën. Jy het by jou skoonma gebly, en nou wil jy ook in die familie bly. Jy kon 'n jongman gekies het, 'n arm of 'n ryk jongman, maar jy het dit nie gedoen nie.
RUT 3:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy sê: Geseënd is jy deur die HERE, my dogter! Jy het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aan geloop het nie.
RUT 3:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy sê toe: “Mag die Here jou seën, my dogter! Wat jy nou doen, naamlik dat jy agter geen jongman, arm of ryk, aanloop nie, is baie beter as die liefde wat jy aan die begin aan jou skoonma bewys het.
RUT 3:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy sê toe: “Mag jy geseën word deur die HERE , my dogter. Jou trou aan die familie blyk nou nog duideliker as voorheen, aangesien jy nie agter jong mans, of hulle arm of ryk is, aanloop nie.
RUT 3:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê: Geseënd is jy deur die HERE, my dogter, want jy het aan die einde meer guns bewys as aan die begin, omdat jy nie die jongmanne, arm of ryk, gevolg het nie.
RUT 3:10 Die Boodskap (DB)
“Mag die Here goed wees vir jou,” sê hy toe. “Wat jy nou doen, is ’n nog groter liefdesdaad as die liefde wat jy aan jou skoonma bewys het. Jy kon maklik vir jou ’n jong- man gaan soek het, of hy nou ryk of arm was, dit maak nie saak nie. Maar jy het dit nie gedoen nie.