RUT 1:8-9
RUT 1:8-9 Die Boodskap (DB)
sê Naomi vir haar skoondogters: “Gaan liewer terug na julle eie ouerhuise toe. Mag die Here julle met sy liefde versorg omdat julle so goed was vir my en julle mans. Ek bid dat die Here vir julle elkeen weer ’n goeie huweliksmaat sal gee.” Toe sy hulle groet, het hulle begin huil
RUT 1:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Naomi het vir haar skoondogters gesê: “Julle moet teruggaan na julle ma's se huise. Ek bid dat die Here goed sal wees vir julle, soos julle goed was vir my oorlede seuns en vir my. Ek bid dat die Here weer vir julle elkeen 'n man sal gee in wie se huis julle veilig kan woon.” Naomi het hulle gesoen, maar toe begin hulle huil.
RUT 1:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sê Naómi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag die HERE aan julle guns bewys soos julle aan die dode en aan my bewys het. Mag die HERE gee dat julle 'n rusplek vind, elkeen in die huis van haar man; en sy het hulle gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween
RUT 1:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Naomi vir haar twee skoondogters: “Julle moet liewer teruggaan na julle ouerhuise toe. Mag die Here sy liefde aan julle bewys, soos julle aan die oorledenes en aan my liefde bewys het. Mag die Here vir julle elkeen weer 'n goeie man en 'n heenkome gee.” Toe sy van hulle wou afskeid neem, het hulle begin huil
RUT 1:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sê Naomi vir haar twee skoondogters: “Julle moet liewer teruggaan, elkeen na haar ma se huis. Mag die HERE julle goed behandel soos wat julle die oorledenes en my goed behandel het. Mag die HERE gee dat julle elkeen 'n tuiste vind in die huis van 'n man.” Toe het sy hulle gesoen, maar hulle het hardop begin huil
RUT 1:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Naomi vir haar twee skoondogters: Gaan, gaan terug, elkeen na haar moeder se huis; die HERE bewys julle goed soos julle ook aan die dooies en aan my gedoen het. Die HERE gee julle dat julle rus kan vind, elkeen van julle in die huis van haar man. Toe soen sy hulle; en hulle het hul stem verhef en geween.
RUT 1:8-9 Die Boodskap (DB)
sê Naomi vir haar skoondogters: “Gaan liewer terug na julle eie ouerhuise toe. Mag die Here julle met sy liefde versorg omdat julle so goed was vir my en julle mans. Ek bid dat die Here vir julle elkeen weer ’n goeie huweliksmaat sal gee.” Toe sy hulle groet, het hulle begin huil
RUT 1:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Naomi sê toe vir haar twee skoondogters: “Moenie verder saam met my gaan nie. Gaan liewer terug na julle ouerhuise toe. Mag die HERE julle beloon vir die liefde wat julle aan my en my seuns betoon het. Mag die HERE weer vir julle elkeen ’n man en ’n huis gee.” Toe sy van hulle afskeid neem, het hulle in trane uitgebars.