RUT 1:6-7
RUT 1:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy het toe gereedgemaak om met haar skoondogters terug te keer uit die gebied van Moab, want sy het daar in die gebied van Moab gehoor dat die HERE na sy volk omgesien het deur vir hulle brood te gee. Sy is toe weg uit die plek waar sy gewoon het, en haar twee skoondogters saam met haar. Op pad terug na die land Juda
RUT 1:6-7 Die Boodskap (DB)
’n Rukkie later het Naomi, wat nog steeds in Moab gebly het, gehoor dat die Here dit weer beter laat gaan het in Juda en dat daar weer genoeg kos was. Sy en haar skoondogters besluit toe om terug te gaan na haar eie land. Op pad terug Juda toe
RUT 1:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Toe hoor Naomi die Here was weer goed vir sy volk, Hy het vir hulle reën gegee, en daar was weer kos in hulle land. Sy en haar twee skoondogters het gereedgemaak om terug te gaan uit die land Moab. Sy het weggegaan van die plek waar sy was, en haar twee skoondogters was by haar. Hulle het begin loop om terug te gaan na die land Juda.
RUT 1:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
het sy haar gereedgemaak met haar skoondogters en teruggegaan uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat die HERE op sy volk ag gegee het deur aan hulle brood te gee. So het sy dan haar woonplek verlaat en haar twee skoondogters saam met haar. Maar toe hulle op pad was om na die land Juda terug te gaan
RUT 1:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sy verneem dat die Here vir sy volk uitkoms gebring het deur vir hulle 'n goeie oes te gee, het sy en haar skoondogters klaargemaak om van Moab af terug te gaan. Sy en haar skoondogters het saam vertrek uit die plek waar hulle gebly het, op pad na Juda toe.
RUT 1:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het sy haar klaargemaak met haar skoondogters om terug te keer uit die land van Moab; want sy het in die land van Moab gehoor dat die HERE sy volk besoek het deur aan hulle brood te gee. Daarom het sy uitgegaan uit die plek waar sy was, en haar twee skoondogters saam met haar; en hulle het op pad gegaan om terug te keer na die land Juda.
RUT 1:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Naomi het daar in Moab gehoor dat die HERE sy volk in Juda met goeie oeste geseën het. Toe het Naomi en haar twee skoondogters klaargemaak om uit Moab na Juda toe terug te trek. Sy en haar skoondogters het uit die plek waar sy gebly het, vertrek op pad terug na Juda toe.